• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vuurtoring

Started by Trapsoetjie, July 12, 2011, 01:48:44 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Trapsoetjie

Vuurtoring

Met watervoete
weerstaan ek die boete
van golwe,
wat om my dolwe.

Bly ek staan teen die natuur.
Storms wat my aangluur.
Helder sal ek bly skyn,
in donker sal ek nie verdwyn ~

Matroos, al gewyn,
gebeendere vol pyn,
sal ek wys, bly weg!
WEG! van die kus sal ek seg!

Bibber koud staan ek alleen,
al is my hart gemaak van steen.
Bly my blink oog vir jou wink!
Draai om! Hier gaan jy jouself vermink!

©  :angel12:

Stof

Jy het sopas bewys, steen en struktuur kan hart en siel ook hê.  Maar veral die manier wat jy dit op doen, is vleiend.  Doet zo voort.
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

PM

Dit is baie mooi Trappies.  Jy skyn ook soos die vuurtoring in my donker nag!   :love7:
Om te weet is om te verstaan.