Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Trappies se plek => Topic started by: Trapsoetjie on July 12, 2011, 12:48:44 PM

Title: Vuurtoring
Post by: Trapsoetjie on July 12, 2011, 12:48:44 PM
Vuurtoring

Met watervoete
weerstaan ek die boete
van golwe,
wat om my dolwe.

Bly ek staan teen die natuur.
Storms wat my aangluur.
Helder sal ek bly skyn,
in donker sal ek nie verdwyn ~

Matroos, al gewyn,
gebeendere vol pyn,
sal ek wys, bly weg!
WEG! van die kus sal ek seg!

Bibber koud staan ek alleen,
al is my hart gemaak van steen.
Bly my blink oog vir jou wink!
Draai om! Hier gaan jy jouself vermink!

©  :angel12:
Title: Re: Vuurtoring
Post by: Stof on July 12, 2011, 01:19:25 PM
Jy het sopas bewys, steen en struktuur kan hart en siel ook hê.  Maar veral die manier wat jy dit op doen, is vleiend.  Doet zo voort.
Title: Re: Vuurtoring
Post by: PM on July 12, 2011, 02:33:15 PM
Dit is baie mooi Trappies.  Jy skyn ook soos die vuurtoring in my donker nag!   :love7: