• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Uit kleingoed se monde

Started by Meraai vannie Baai, October 06, 2020, 12:52:32 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Mevrou Varkie het die volgende gedeel:

Uit kinders se monde: Kindertjies sing dikwels sonder dat hulle die vaagste benul het waaroor hulle sing.
'n Dominee vertel dat sy seuntjie altyd gesing het:
"Prys die Heer met blye galme, O my siel daar ruik ek stof."

Die vrou het eers toe sy groot is agtergekom waarom haar pa voor ete gebid het: "Voete kos 'n sjieling" (Voed ook onse siele).

"Die Heer is God, erken dat Hy 'n eiervolk vir Hom berei..."

"Onse Vader wat in die heining woon."

"Loof Hom met die tromme, loof Hom met die harp, loof Hom met die stukkende sandale."

By ons in die Kinderkrans was 'n dogtertjie wat baie mooi hard en duidelik gesing het: Loof hom met die tromme, loof Hom met die hark.

Pleks van "Hy berei vir my 'n vreugdefees" het ek met dieselfde dankbaarheid gesing: "Hy berei vir my 'n vrugtefees."

'n Afrikaanse kind wat die Onse Vader in Engels moes opsê: "Our Father who shouts from heaven, Hallo what is your name."
En toe hy kom by "give us this day our daily bread," was sy weergawe: "Give us this day our day in bed."

In plaas van "Op berge en in dale" sing die seuntjie: "Oom Bêrend dra sandale!"

Ek glo onse Hemelse Vader luister met 'n glimlag van deernis na hierdie liedjies en ook kindergebedjies wat soms snaaks kan wees
Dis nou te sê as Hy nie hardop lag nie.

*Geleen by Niel Joubert/Mosselbaai op sy beste

Meraai vannie Baai

Uit die kommentare gegaps:

My sus se jongste het gesing: Willemien se ma se pa sê verbly jou in die Heer.... (Fillipense vier vers vier).

Die hoërskoolkinders moes sing by die jaarlikse opvoering van Messiah"we be like sheep" maar sing toe "we pee like sheep."

Elana het toe sy nog baie klein was, gesê ons moet sing. Ek vra toe wat wil jy sing? Sê sy "Hubbelet gaan weg". Ek sê toe ek ken nie so n liedjie nie, sy moet begin. Trek sy weg "Toe moeders na Jesus hul kindertjies gebring het, het Sy dissipels hubbelet gaan weg van die Heer".

PM

Stap ek deur Checkers om 'n paar goedjies te koop.  Gaan 'n vrou met 'n waentjie by my verby met 'n klein seuntjie van seker so 5.  Hy roep my:  Tannie, tannie kyk, my seer het 'n korsie op. 


Net 'n bietjie verder kyk 'n swart meisietjie my aan met sulke groot groot ogies.  "Jy is te pragtig,  sê ek vir haar.  Sy bevlieg my sommer en gee my 'n drukkie.
Die eerste ding waaraan ek dink is Covid.  Tog, ek dink ek sal dit kan hanteer as ek weet dat dit kom van 'n kind met soveel opregtheid!
Ek het maar net 'n sagte plekkie vir kinders.  Hulle weet niks van voorgee en bedrieg nie. 
Om te weet is om te verstaan.