Die Afrikaanse Forum

Woordskuur => Ons Kabouter Afdeling => Topic started by: Meraai vannie Baai on October 06, 2020, 11:52:32 AM

Title: Uit kleingoed se monde
Post by: Meraai vannie Baai on October 06, 2020, 11:52:32 AM
Mevrou Varkie het die volgende gedeel:

Uit kinders se monde: Kindertjies sing dikwels sonder dat hulle die vaagste benul het waaroor hulle sing.
‘n Dominee vertel dat sy seuntjie altyd gesing het:
 "Prys die Heer met blye galme, O my siel daar ruik ek stof."

Die vrou het eers toe sy groot is agtergekom waarom haar pa voor ete gebid het: "Voete kos 'n sjieling" (Voed ook onse siele).

"Die Heer is God, erken dat Hy 'n eiervolk vir Hom berei..."

"Onse Vader wat in die heining woon."

"Loof Hom met die tromme, loof Hom met die harp, loof Hom met die stukkende sandale."

By ons in die Kinderkrans was 'n dogtertjie wat baie mooi hard en duidelik gesing het: Loof hom met die tromme, loof Hom met die hark.

Pleks van "Hy berei vir my 'n vreugdefees" het ek met dieselfde dankbaarheid gesing: "Hy berei vir my 'n vrugtefees."

'n Afrikaanse kind wat die Onse Vader in Engels moes opsê: "Our Father who shouts from heaven, Hallo what is your name."
En toe hy kom by "give us this day our daily bread," was sy weergawe: "Give us this day our day in bed."

In plaas van “Op berge en in dale” sing die seuntjie: “Oom Bêrend dra sandale!”

Ek glo onse Hemelse Vader luister met 'n glimlag van deernis na hierdie liedjies en ook kindergebedjies wat soms snaaks kan wees
Dis nou te sê as Hy nie hardop lag nie.

*Geleen by Niel Joubert/Mosselbaai op sy beste
Title: Re: Uit kleingoed se monde
Post by: Meraai vannie Baai on October 06, 2020, 10:44:26 PM
Uit die kommentare gegaps:

My sus se jongste het gesing: Willemien se ma se pa sê verbly jou in die Heer.... (Fillipense vier vers vier).

Die hoërskoolkinders moes sing by die jaarlikse opvoering van Messiah"we be like sheep" maar sing toe "we pee like sheep."

Elana het toe sy nog baie klein was, gesê ons moet sing. Ek vra toe wat wil jy sing? Sê sy "Hubbelet gaan weg". Ek sê toe ek ken nie so n liedjie nie, sy moet begin. Trek sy weg "Toe moeders na Jesus hul kindertjies gebring het, het Sy dissipels hubbelet gaan weg van die Heer".
Title: Re: Uit kleingoed se monde
Post by: PM on October 23, 2021, 04:11:54 PM
Stap ek deur Checkers om 'n paar goedjies te koop.  Gaan 'n vrou met 'n waentjie by my verby met 'n klein seuntjie van seker so 5.  Hy roep my:  Tannie, tannie kyk, my seer het 'n korsie op. 


Net 'n bietjie verder kyk 'n swart meisietjie my aan met sulke groot groot ogies.  "Jy is te pragtig,  sê ek vir haar.  Sy bevlieg my sommer en gee my 'n drukkie.
Die eerste ding waaraan ek dink is Covid.  Tog, ek dink ek sal dit kan hanteer as ek weet dat dit kom van 'n kind met soveel opregtheid!
Ek het maar net 'n sagte plekkie vir kinders.  Hulle weet niks van voorgee en bedrieg nie.