• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Galstene

Started by Naas, October 17, 2021, 12:39:06 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Trapsoetjie

Gps of Padkaart dit is die vraag.

Gps verstaan dalk die adres verkeerd - toe PM en ons vir Riebeek Kasteel soek (die dorp) toe van GPS ons na Riebeek die Kasteel in die Kaap.  :laughing4:

Padkaart kan mens nie mee verkeerd gaan nie, behalwe as jy dit onderstebo hou, dan gaan jy 'n groot probleem hê.

:angel12:

PM

Ook nie rêrig nie, draai net die kar op sy dak.  :walk:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#17
PM noem iewerste party ouens voel dat ons 'n tranedal klompie is, maar laat ek julle vertel - jy gaan baie vêr soek om die humor wat ons midde skeet en kwaal het, te ewenaar! Mens hoef net deur plasings van Naas te lees.

'Naas is tans baie gelukkig in sy depressie vasgevang.'

En nog is dit niet die einde...

Naas: Wat die siekte aan betref is dit net my longe wat nie asem kry nie. Die res van my sal nog lank lewe.
As ek vroeer geweet het ek gaan op my oudag net karton en papier moet eet het ek baie meer soetgoed en nat beskuit met jam op geëet.

PM: Sodra jy kan sluk en lustig saam met jou lewer sing het jy darem nog baie om voor drankbaar te wees.

Assie: Party plekke is die middelmannetjie so hoog dat die gras ons onderstelle skoonvee en die klippe ons holle skraap. Party plekke is die pad gelyk, party plekke is daar sand dan val ons vas of ons stamp ons onderstelle des moers in die potholes.

PM

Sluk ek maar swaar op die oomblik.  Dit is half vier en ek kan nie nou 'n rooietjie gooi nie. 
Alhoewel, dit is mos Sondag vandag? 
Na so 'n paar rooietjies sal ek hulle wys hoe 'n tranedal lyk!  :pottytrain2:
Om te weet is om te verstaan.