• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Malle geskarrel in die pandok

Started by Meraai vannie Baai, October 27, 2021, 08:12:32 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Ek kom blosend alweer verskoning maak. Die uwe het my studies gruwelik afgeskeep vandat ons die forum weer  met 'n  hupstootjie aan die brand stoot. Moet my nie verkeerd verstaan hoor, ek geniet die saamkuier! Maar die ouvrou sal haar danspassies moet ken om in te haal voor die sperdatum :icon_bigsmurf:
Die kroon op die geharwar is natuurlik ons klein cowboy wat van Vrydag tot Sondagaand by ouma en oupa kom kuier terwyl sy ouers 'n welverdiende breek neem. Ek moet stad toe sodat daar voorsiening gemaak kan word vir sy spesiale eetplan. Hy het 'n erge gluten-, suiwel- en graan-allergie. Ouma moet al die versoekinge ook verwyder voor hy kom. So as ek stil raak, geen rede tot kommer. Hou die blinkkant bo.
:love7: :toothy4:

PM

Voorspoed Lief Matertjie, hier gaan dit net so dol.  Nou moet ek net gou my bloeddrukpille gaan haal, dan is ek weer later terug.   :wave:
Om te weet is om te verstaan.