• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Stokperdjies

Started by Trapsoetjie, October 06, 2021, 11:22:27 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Trapsoetjie

Nes Ta-Meraai sê, dis maar stil vanoggend hier tussen die woorde.

Ek het gisteraand weer bietjie begin werk aan my Kalender 2019 kombersie. Ek volg die vroutjie wat in Kanada bly. Dis deur haar wat ek myself geleer het om te hekel.
Elke jaar het sy 'n kalender kombersie. Elke eerste Vrydag van elke maand maak sy 'n video vir die maand se werk.
Ek het al 2020 en 2018 klaar. Natuurlik is ek nog besig met 2021,  :munky2: want 2021 is nog nie klaar nie.  :evil6:

Ek het ook meeste van die 2017 se "Oumablokkies" klaar, ek gaan myne bietjie verander. Daar is 'n paar blokkies wat ek nou nie mal oor is nie. So sal iets anders in sy plek sit.  :toothy4:

Die 2019 kombersie is soos 'n prentjie, met 'n son, wolke, huisies, vissie ens....

Dis my 3c vir die oggend, ek moet nou vir Oma regkry vir die Zoom vergadering.   :`ip2:  :evil6:

Sien later weer - Ta Ta

:angel12:



Naas

Soos meeste van julle weet het ek 'n verborge stokperdjie. Ek maak metaal bymekaar en verkoop dit vir sakgeld. Maw recycle gemors.
Op die oomblik bring dit meer geld in as my houtwerk en het dit soortvan oorgeneem.
Dis baie duidelik dat in die huidige lewe gooi mense meer gemors weg as wat hulle kwaliteit bymekaarmaak. In ons kitswereld koop ons nagemaakte hout wat "goedkoper" is sodat ons sonder om 'n oog te knip, dit weer oor 'n jaar of twee kan vervang met nog goedkoop gemors. Blykbaar al manier om by te bly met nuwe modes.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek sou soooooo bitter graag julle skeppings in lewende lywe (of net op die gevreetboekie selfs) wou sien en waardeer. Iewers kon ek van jou pronstuktafels sien Naas. Trappies, is jy betrokke op die gevreetboekie en indien wel, stuur my 'n uitnodiging groot asb. Sal graag wil sien en geniet hoe jou hekelpronkstukke daar uitsien.