• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gebroke

Started by Assie, August 12, 2020, 09:37:34 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Assie

In die stiltes tussen klanke
lê die gebreekte eierdoppe
van leë beloftes.
Bloedloos seer
tussen die leemtes van verraai
gestrooi soos diwweltjies
op die lewenspad.
By vergeef verby
sal vergeet 'n lang vakansie vat.
Seer
soos die byt
van 'n mak hond.

:mumum:

PM

Goeiste Assie, hierdie is 'n lewenswaarheid wat skrik vir niks.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Assie

Daai veeartsie moet sy voet weer op die plaas sit.
Ek sal hom klap dat google hom nie weer kan kry nie...

:mumum:

adele

adéle  :grommit:

Naas

As daai veeartsie weet wat goed is vir hom sal hy maar sy koei opneem en trek...

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Lig my hoed en knak die knieg weereens. Lief die dorre lewenswaarheid hier in.  :love7: