Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Aspoestertjie se plek => Topic started by: Assie on August 12, 2020, 08:37:34 AM

Title: Gebroke
Post by: Assie on August 12, 2020, 08:37:34 AM
In die stiltes tussen klanke
lê die gebreekte eierdoppe
van leë beloftes.
Bloedloos seer
tussen die leemtes van verraai
gestrooi soos diwweltjies
op die lewenspad.
By vergeef verby
sal vergeet 'n lang vakansie vat.
Seer
soos die byt
van 'n mak hond.

 :mumum:
Title: Re: Gebroke
Post by: PM on August 13, 2020, 09:34:04 AM
Goeiste Assie, hierdie is 'n lewenswaarheid wat skrik vir niks.   :crybaby2:
Title: Re: Gebroke
Post by: Meraai vannie Baai on August 14, 2020, 02:15:37 AM
 :book1: :hello2: :icon_salut: :love7:
Title: Re: Gebroke
Post by: Assie on September 13, 2021, 06:37:03 PM
Daai veeartsie moet sy voet weer op die plaas sit.
Ek sal hom klap dat google hom nie weer kan kry nie...

 :mumum:
Title: Re: Gebroke
Post by: adele on September 13, 2021, 08:22:05 PM
Netjies bedink  :hello2:
Title: Re: Gebroke
Post by: Naas on September 15, 2021, 09:08:20 PM
As daai veeartsie weet wat goed is vir hom sal hy maar sy koei opneem en trek...

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Gebroke
Post by: Meraai vannie Baai on September 15, 2021, 11:06:23 PM
Lig my hoed en knak die knieg weereens. Lief die dorre lewenswaarheid hier in.  :love7: