• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kaalvoet langs jou besembos

Started by adele, August 20, 2021, 04:52:13 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Kaalvoet langs jou besembos

In die winter van jou lewe
klim vergete waarhede
uit die solderkis.
Vroeëre tye se donker besluite
en witleuentjies sonder denke,
lê oral op ashope rondgestrooi.
Op jou eie mishoop het jy koning gekraai.
Nou lê die stukke verdroog,
windverwaaid jou lewensvlakte vol.

Langs jou bed het jy soms gekniel
en met jou kop opgelig,
jou goeie dade
na die heuwel van Golgota gestuur.
Eie-ek-klippilare het jy op hoogtes gebou.
Nooit nederig in berou,
sou jy jou Koning opreg vertrou,
maar sy Liefde ken geen perke.

Nou word jy deur selfverwyt geroep.
Dit bind jou en wurg jou,
pers suurstof uit jou longe uit
tot jy snikkend en kaalvoet
langs jou besembos neerval.
Sou enige asem in jou hart verborge bly
wanneer jy alle hooghartige sonde
en wrede mishandeling van jou elke-naaste
voor jou hemelse Vader bely?

©adéle theron
adéle  :grommit:

PM

Dikwels lees ek jou werk en my mond hang oop van verbasing.  Ek wonder waar vind jy hierdie wonderlike verwoording.  Jy het 'n pragtige gawe om die mooiste waarhede bloot te lê.  Dit is altyd 'n voorreg om jou werk te lees.  So dankbaar dat jy dit my deel. 
Lief vir jou.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

adele

adéle  :grommit: