• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die weke het gegroei

Started by adele, October 13, 2020, 10:04:17 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Die weke het gegroei
tot maande toe opmekaar gestapel
sandstorm-frustrasie en woede
soos woestynstof tussen ons vingers

maar die seer
die seer
die donker in jou oë
die onverstaan van elke dag
se deurmekaar
onderstebo wêreld
my kindwees gesteel
my herinneringe virtueel uitgedeel

gaan ons toekoms
my menswees weer in een stuk
in my hart inbring?

©adéle theron
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai


PM

Om te weet is om te verstaan.