Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on October 13, 2020, 09:04:17 PM

Title: Die weke het gegroei
Post by: adele on October 13, 2020, 09:04:17 PM
Die weke het gegroei
tot maande toe opmekaar gestapel
sandstorm-frustrasie en woede
soos woestynstof tussen ons vingers

maar die seer
die seer
die donker in jou oë
die onverstaan van elke dag
se deurmekaar
onderstebo wêreld
my kindwees gesteel
my herinneringe virtueel uitgedeel

gaan ons toekoms
my menswees weer in een stuk
in my hart inbring?

©adéle theron
Title: Re: Die weke het gegroei
Post by: Meraai vannie Baai on October 13, 2020, 10:40:56 PM
 :notworthy: :icon_salut: :crybaby2:
Title: Re: Die weke het gegroei
Post by: PM on November 17, 2020, 04:05:15 PM
Baie mooi.   :love7: