• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

3/5/3 Quio Struktuur

Started by Meraai vannie Baai, April 21, 2013, 02:38:12 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

http://www.poetpatriot.com/poems-quio-orig.htm

Hierdie kort strukture dwing ons om met die minimum woorde ons gedagtes te deel met die lesers.
Engelse riglyne stel 'n lettergreeptelling van 3/5/3 onderskeidelik in die drie reels voor en sover ek kon agterkom is daar geen verpligte onderwerp waaroor gedig moet word nie.

In my soektog na Afrikaanse voorbeelde het ek op 'n Engelse weergawe afgekom wat so treffend was, dat ek dit in ons moedertaal verwerk het in 'n dubbel 3/5/3 struktuur.

My weergawe is so saamgestel: Twee verse van drie reëls elk, wat voldoen aan die vereiste lettergreep telling van 11 en onderskeidelik toegepas as 3/5/3. In my voorbeeld word die geraamtes wat skuil in ons gene, aan die leser voorgehou as 'n betwisbare stelling.

*Hangkasgees

Die sondes
van ons voorvaders
volg getrou ....

Die stamboom
waar gene vertak
in kringloop ...

*Genealogie

©  Meraai vannie baai

PM se Quio

Depressie
‘n spinnekopweb
vol eiers

Met quio...
elf lettergrepe
in die kol

© PM

Naas

Koud-warm

Stortkrane
oopgedraai vir was...
Reg of sleg?

Was dit reg
oopgedraai vir warm?
Oop vir koud?

Waarom dan
bibber onder koud?
stortfloute?

Stortkrane
vloei van koud verval
deur mensdom.

Mensdom wat
storttend drek uitspuit
in trurat.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#2
Naas dit is 'n pragtige bydrae. Lief die uitgebreide 3/5/3 grepe waarin jy die frustrasie van 'n 'koud-warm' situasie aan die leser ontbloot. Dankie mater vir die groot voorreg dat ek kon saamlees.  :notworthy: :icon_salut:

Verstom my altyd hoe kreatief en gemaklik jy jou gedagtegang, met ons eie Afrikaanse digteuels in die hand, op die pad van 'n Engelse struktuur kan stuur! Geskoei en geskool op tradisies, bou ons as woordemmigrante voort - op nuwe fondasies.


adele

#3
'n verwerking van 'n halwe gedig wat in my deeg-rys-mandjie gewag het om geknie en gebak te word!


wyl jare
vol borrelvreugde
koesterwink

wonder ek
oor seer verlore
jeugjare

maar nou gryp
ons elke minuut
hartsgeluk

:grommit:   :grommit:
adéle  :grommit:

PM

Ek wou baie graag more ons boek drukkers toe geneem het.  Nou lyk dit vir my ek sal maar 'n rukkie moet aanhang, want hier kom nou mooi werk ingesluip. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dit is pragtig, ek stem PM - dit moet  :book1: toe  :notworthy:

adele

vriendin, jou boek moet klaar, moenie uitstel nie,   :toothy4:   hierdie laaste griffels was sommer maar net. woorde stroom mos maar met verskillende snelhede en nou is dit weer rustig.  :icon_biggrin:   
adéle  :grommit:

Assie

Op en af

Op en af
van ligskakelaar.
Is dit reg?

Op is af
en gaan jy verder.
Af is aan.

:mumum:

Meraai vannie Baai

 :`ip2: Jy slaan die spyker op sy kop hier Assie en nou krap ek kop oor 'op is af en af is aan' - sou maklik 'n raaisel kon word!