• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Diagnose: Hartversaking.

Started by Meraai vannie Baai, November 14, 2018, 04:29:15 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Dit is soos jy seg Raaitjie, 'n mens stap 'n pad en daar tel jy waarhede op wat jy op jou lewe kan toepas.  'n Mens neem daaruit wat vir jou kosbaar is en jy stap maar net verder.  Van nature is ek 'n baie ongeduldige mens.  Ek wil dit  NOU  doen, of  NOU  weet, of was dit gister al?  Dit is vir my moeilik, hierdie wag en wag dag na dag.  Ongelukkig is daar nie 'n ander uitweg nie.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Verseker mater. Ek het een van my gereelde toetse herdoop na 'steek-en-wag-dag'  :icon_biggrin: Vandag gesteek - Dinsdag sien ek Dok vir uitslae en daarvolgens word die dosis aangepas wat jou innerlike tikker aan die gang moet hou in sy oorlog teen die volume en klonttyd van die lewensgewende suurstofgevulde bloed wat na die res van jou liggaam gepomp word in 'n kringloop wat jou lewenslengte en kwaliteit bepaal.

PM

Wat ek nog nie kan kleinkry nie, is hoekom gee hy nie vir my 'n bloedverdunner nie?  Dalk nadat ek deur die "bloedbadepisode" is?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#18
Dit was eintlik die eerste behandeling wat jy moes ontvang na my beskeie mening ook PM  :dontknow: