• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

bo-op die windpomp

Started by adele, October 12, 2018, 08:49:29 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

ek glo nie dis 'n digvorm nie, dalk eentonig soos die duif se koer-koerrrr  :angel3:

die wêreld behoort hierbo te wees
gevestig in wortel, siel en gees
kyk die vryheid teen die blou
geen vlerkklap nodig, sou ek wou,
gee die windpomp 'n droewige kreun
kan ek ook teen 'n sonstraal leun
of met skemer neerwaarts daal
om 'n slukkie water te gaan haal,
maar dankie tog, ek is alleen
want in die wêreld is dit net 'n geween

©adéle theron
adéle  :grommit:

Anton Louw

BAie mooi.   Ek kan sien hoe staan die arme pomp so alleen en kreun met geen rus.
Kamp is koning!

PM

Ek het dit geniet.  Dankie vir die  deel matertjie. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

Anton ... PM ... dankie, oorspronklik was dit 'n duifie wat daar hoog gesit en koerrr het.
adéle  :grommit:

PM

So ken ek jou matertjie, jy kan enigiets in 'n mooi gedig omskep.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

adele

adéle  :grommit: