Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on October 12, 2018, 07:49:29 PM

Title: bo-op die windpomp
Post by: adele on October 12, 2018, 07:49:29 PM
ek glo nie dis 'n digvorm nie, dalk eentonig soos die duif se koer-koerrrr  :angel3:

die wêreld behoort hierbo te wees
gevestig in wortel, siel en gees
kyk die vryheid teen die blou
geen vlerkklap nodig, sou ek wou,
gee die windpomp ’n droewige kreun
kan ek ook teen ’n sonstraal leun
of met skemer neerwaarts daal
om ’n slukkie water te gaan haal,
maar dankie tog, ek is alleen
want in die wêreld is dit net ’n geween

©adéle theron
Title: Re: bo-op die windpomp
Post by: Anton Louw on October 13, 2018, 07:56:14 AM
BAie mooi.   Ek kan sien hoe staan die arme pomp so alleen en kreun met geen rus.
Title: Re: bo-op die windpomp
Post by: PM on October 16, 2018, 02:50:31 PM
Ek het dit geniet.  Dankie vir die  deel matertjie. 
Title: Re: bo-op die windpomp
Post by: adele on October 16, 2018, 03:03:00 PM
Anton ... PM ... dankie, oorspronklik was dit 'n duifie wat daar hoog gesit en koerrr het.
Title: Re: bo-op die windpomp
Post by: PM on October 17, 2018, 10:34:58 AM
So ken ek jou matertjie, jy kan enigiets in 'n mooi gedig omskep.   :love7:
Title: Re: bo-op die windpomp
Post by: adele on October 17, 2018, 11:22:08 AM
Drukkie vir my vriendin  :love7: