• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

AFBREKER

Started by Anton Louw, April 26, 2019, 09:34:57 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Anton Louw

AFBREKER

Afbreker, jy bokspring en huppel soos 'n held,
maar stadig verdrink jy in jou eie geweld...
Jy gaan tekere met knopkierie, knuppel en klip
en laat die land se trane aanhoudend drup...

Jy maak dit duidelik, "Hierdie is mý land!",
maar breek dit dan af en steek dit aan die brand!
Tussen al die vlamme en borrellende rook,
word jou toekoms gesluit...met betogings bestook...

Jy toyi-toyi en baklei met bitter en bloed;
jou geplunder maak die paradys kapoet...
In 'n bloeiende land is jou dade barbaars
en 'n gesonde verstand is by jou skaars...

Jy verdruk ons vryheid; wil net hied en gebied,
soos 'n parasiet soek jy alles verniet!
Met jou selfsugtigheid word ons son gestroop
en hyg ons in die duisternis sonder hoop...

Die gekneusde land se veld lyk leeg en dor;
uiter in dorsheid swaarkry en seer skor...
Die lug is so grys en groenigheid verkleur
en die mooi in more gewaar ons nie meer...

Afbreker, kermkous...niks sal jou bevry,
want met jou boosheid sal jy in boeie bly...
Verwoesting saai jy en jou skrillende koor
en op die einde bly daar tog niks meer oor...

GEDIG DEUR BERNARD FIELIES
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Traanmooie waarheid tussen strofes vasgevang. Baie dankie vir die kosbare deel Anton.  :notworthy: :icon_salut:

PM

Dankie vir die plasing Anton.  Dit is so waar, so oneindig jammer.
Om te weet is om te verstaan.