Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Afrikaner kultuur en geskiedenis => Topic started by: Anton Louw on April 26, 2019, 08:34:57 AM

Title: AFBREKER
Post by: Anton Louw on April 26, 2019, 08:34:57 AM
AFBREKER

Afbreker, jy bokspring en huppel soos 'n held,
maar stadig verdrink jy in jou eie geweld...
Jy gaan tekere met knopkierie, knuppel en klip
en laat die land se trane aanhoudend drup...

Jy maak dit duidelik, "Hierdie is mý land!",
maar breek dit dan af en steek dit aan die brand!
Tussen al die vlamme en borrellende rook,
word jou toekoms gesluit...met betogings bestook...

Jy toyi-toyi en baklei met bitter en bloed;
jou geplunder maak die paradys kapoet...
In 'n bloeiende land is jou dade barbaars
en 'n gesonde verstand is by jou skaars...

Jy verdruk ons vryheid; wil net hied en gebied,
soos 'n parasiet soek jy alles verniet!
Met jou selfsugtigheid word ons son gestroop
en hyg ons in die duisternis sonder hoop...

Die gekneusde land se veld lyk leeg en dor;
uiter in dorsheid swaarkry en seer skor...
Die lug is so grys en groenigheid verkleur
en die mooi in more gewaar ons nie meer...

Afbreker, kermkous...niks sal jou bevry,
want met jou boosheid sal jy in boeie bly...
Verwoesting saai jy en jou skrillende koor
en op die einde bly daar tog niks meer oor...

GEDIG DEUR BERNARD FIELIES
Title: Re: AFBREKER
Post by: Meraai vannie Baai on April 26, 2019, 11:43:52 AM
Traanmooie waarheid tussen strofes vasgevang. Baie dankie vir die kosbare deel Anton.  :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: AFBREKER
Post by: PM on May 05, 2019, 01:25:50 AM
Dankie vir die plasing Anton.  Dit is so waar, so oneindig jammer.