Baie dankie vir die toer Anton. Eerstens wil ek jou komplimenteer met die mooi Afrikaans en keurige spelling. (As my gatseggies nou gewerk het, het ek die buiging gedoen.)
Ons was 'n paar keer daar, maar dit was ernstig droog en ons het geen diere gesien nie. Dus was ek baie verbaas toe ek die mooi foto's sien wat jy geplaas het. Ons sal beslis weer gaan.
As jy van Brits af kom, plus minus 110 kilometer, kry jy Koedoeskop. Van die hoofpad af sien jy net Obaro, en 'n paar klein winkeltjies. Volgende keer stop jy by daardie vulstasie om brandstof in te neem. Dit is heelwat goedkoper. By Obaro kan die ouens wat diesel gebruik vir 'n rand minder diesel inneem.
Net daar is die afdraai na Bela Bela waar julle indraai om vir my en Hannes te kom kuier. 10 Kilometer verder is Leeupoort Vakansiedorp. Ons verwelkom altyd besoekers.
Ek hoop jy het nog foto's. Hoe lank kamp julle daar?