• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Is julle al getel ?

Started by Angelica, October 26, 2011, 07:18:44 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Lox

daars 'n storie van statistiek hier op Worcester, eintlik 'n grappie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Chichi

*The one and only AWESOME-EST


Lox

die kinders moes sin maak in die klas me statistiek

die Sub A kindertjies, daar by roodewal se flatse ( woonstelle) bly hulle, en is redelik oorbevolk daar en dwelm smokkel is aan die orde van die dag ( nag)

seg die een outjie
die flatse is so vol mense,  die oumense statistiek in die gange.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

 :icon_biggrin:

Ek is net bly ons kan weer vir Raaitjie bytel.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Lox

is noggie getel nie, sal sien wat na vannag toe gebeur
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Angelica

My seun se die tellers het gister - Sondag - die vorms by die huis hier in Durbanville kom aflewer.
Ek bly ook in Durbanville, maar niemand was hier nie.
Elk geval, hier is die no om te skakel : 00800 110 248. Lyk bietjie weird.
Of as jy e-pos wil stuur :  census2011@statssa.gov.za
Nou het ek ook gehoor dat die nommer en die e-pos adres nie lekker werk nie.
Statistiek Suid Afrika het nog nie my vertroue gewen nie.  Dink maar aan misdaad statistiek.
elle

Lox

ons is nog nie getel nie en ek gaan ook nie e pos stuur of skakel nie. Dis hulle wat my wil tel maar ek is nie weg nie. mens tel skape as jy dink daars een weg.

sal wel my samewerking gee as hulle my vra.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Naas

Lees hier oor 'n skouer. Wonner nou oor die getellery. Is daar dan iemand weg?



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Anastasia

Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

PM

 :evil6:   Ek laat my nie sommer tel nie!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Gister was die forum weg. Die hele forum  :`ip2:

Naas

Ja. Dit was uiters frustrerend. Gelukkig het iemand dit weer opgetel nou sal alles wat ons sê weer tel.
Ek het gister 'n paar keer en oor die naweek gereeld gaan loer. Besef julle dat hier nooit minder as 25 besoekers ronddwaal nie. Hierdie forum is in die tel.  :headbang:


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Anastasia

Van tel gepraat, ek het die kere ophou tel dat ek hier wou inkom, maar, tiekselocks, die deur was bot toe!  Ek wonder hoeka of Naas homself in die kroeg toegesluit het.  ONS sal moet voorraad opneem vanmore!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

PM

Dit wys julle net weer hoe fantasties André ons forum bestuur.  Die probleem was buite sy beheer.  Nou werk alles weer, net jammer my gatseggies dink nog steeds hulle is flikkerligte. 
Om te weet is om te verstaan.