• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Geluk Naas

Started by Naas, April 23, 2012, 02:13:50 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Geluk met jou verjaarsdag Naas.
Mag jy sou oud word dat jou poniestert jou spore uitvee.
Ek is maar net een, maar ek ís een.

adele

#1
ekke leen 'n internetkonneksie om jou te kom gelukwens, maar toe spring iemand my voor    :crybaby2:  
baaaaaie geluk,     :hello2:    mag jou jaar vorentoe sommer volste vol genade en seeninge wees.   :love7:    
adéle  :grommit:

Fransi


Trapsoetjie

Naas, van jou Blouste vriend, baie lekker daggie en geluk ook met jouse span...

:angel12::angel12::occasion18:


PM

Hartlik geluk met jou verjaarsdag Naas.  Mag jou nuwe lewensjaar vol vreugde wees.  Ek hoop hierdie jaar sal vir jou beter gesondheid bring en mag jy baie voorspoedig wees met alles wat jy aanpak.
Ek was gisteroggend so teen 20 voor sewe nog hard besig om van jou te skinder by Gawie, toe die battery die gees gee. 
Voor ek weer Botswana toe kom, koop ek nog batterye vir Skootbrakkie.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Hi Naas,  het mos nie van jou vergeet nie.
Jy het darem my sms gekry op jou baie spesiale dag.
Net ietsie,  moet asseblief tog nie jou hare in 'n ponytail maak nie.  Let it down and let it flow.  Free in the breeze.
elle

Ah Willa

verjaarsdae is nou geskiedenis - dit was net tot en met 20
verweersdae is nou verledetyd - dit was net tot en met 40
verjongersdae is nou 'n inding  -  dit duur voort tot en met 80

Dus Naas - verjonger heerlik terwyl jou pony tail uitgroei en wipperig in die wind rond swaai van vreugde stories!   :wav:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Ek kon darem by kind & kie op die gevreetboekie vir ons geliefde mater seenwense gee vir sy verweerdag en nou kom plak ek dit gou hier ook vas. Mag al die drome wat jy koester waar word - mag die ink in die elektroniese pen nooit opdroog van onse eie Langenhoven  :icon_salut: :book1: :notworthy:

adele

Baaaie geluk Naas, laas keer het jy so baie liefde gekry, dit hou nou nog en jou seëninge verdubbel elke jaar  ... mag elke jaar ook net mooier vreugdevol word   :occasion13:
adéle  :grommit:

Naas

Baie dankie. Ek drink nou sewe slaappille voor ek gaan slaap op die 22 ste dan slaap ek regdeur tot die 24 ste want ek kom nou agter die verjaarsdae maak my net oud (en kranklik)


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

adele

Klink na 'n plan, ek moet dit onthou  :love7:
Pas jou mooi op Naas, jy is nog kosbaar.
adéle  :grommit:

Naas

Dankie vriendin. Soms raak ek benoud as ek oor die oudword dink maar ons moet aangaan. Die lewe laat hom nie "pause" nie.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Gelukkig het ons foon darem nog gewerk.  Naas, ek hoop jou nuwe lewensjaar sal vol goeie dinge wees. 
My gatseggies werk nog steeds nie, nou nie eers meer soos 'n flikkerlig nie.  Shame! 
Om te weet is om te verstaan.