Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Baie geluk... Baie welkom => Topic started by: Naas on April 23, 2012, 01:13:50 PM

Title: Geluk Naas
Post by: Naas on April 23, 2012, 01:13:50 PM
Geluk met jou verjaarsdag Naas.
Mag jy sou oud word dat jou poniestert jou spore uitvee.
Title: Re: Geluk Naas
Post by: adele on April 23, 2012, 01:25:54 PM
ekke leen 'n internetkonneksie om jou te kom gelukwens, maar toe spring iemand my voor    :crybaby2:  
 baaaaaie geluk,     :hello2:    mag jou jaar vorentoe sommer volste vol genade en seeninge wees.   :love7:    
 
Title: Re: Geluk Naas
Post by: Fransi on April 23, 2012, 02:23:40 PM
Baie geluk!  :icon_biggrin:
Title: Re: Geluk Naas
Post by: Trapsoetjie on April 23, 2012, 03:02:03 PM
Naas, van jou Blouste vriend, baie lekker daggie en geluk ook met jouse span...

 :angel12: +  :angel12: =  :occasion18:

Title: Re: Geluk Naas
Post by: PM on April 24, 2012, 05:51:14 AM
Hartlik geluk met jou verjaarsdag Naas.  Mag jou nuwe lewensjaar vol vreugde wees.  Ek hoop hierdie jaar sal vir jou beter gesondheid bring en mag jy baie voorspoedig wees met alles wat jy aanpak.
Ek was gisteroggend so teen 20 voor sewe nog hard besig om van jou te skinder by Gawie, toe die battery die gees gee. 
Voor ek weer Botswana toe kom, koop ek nog batterye vir Skootbrakkie.  :icon_biggrin:
Title: Re: Geluk Naas
Post by: Angelica on April 27, 2012, 08:32:00 AM
Hi Naas,  het mos nie van jou vergeet nie.
Jy het darem my sms gekry op jou baie spesiale dag.
Net ietsie,  moet asseblief tog nie jou hare in 'n ponytail maak nie.  Let it down and let it flow.  Free in the breeze.
Title: Re: Geluk Naas
Post by: Ah Willa on April 27, 2012, 11:55:34 AM
verjaarsdae is nou geskiedenis - dit was net tot en met 20
verweersdae is nou verledetyd - dit was net tot en met 40
verjongersdae is nou 'n inding  -  dit duur voort tot en met 80

Dus Naas - verjonger heerlik terwyl jou pony tail uitgroei en wipperig in die wind rond swaai van vreugde stories!   :wav:
Title: Re: Geluk Naas
Post by: Meraai vannie Baai on April 30, 2012, 11:27:13 PM
Ek kon darem by kind & kie op die gevreetboekie vir ons geliefde mater seenwense gee vir sy verweerdag en nou kom plak ek dit gou hier ook vas. Mag al die drome wat jy koester waar word - mag die ink in die elektroniese pen nooit opdroog van onse eie Langenhoven  :icon_salut: :book1: :notworthy:
Title: Re: Geluk Naas
Post by: adele on April 23, 2018, 08:38:37 PM
Baaaie geluk Naas, laas keer het jy so baie liefde gekry, dit hou nou nog en jou seëninge verdubbel elke jaar  ... mag elke jaar ook net mooier vreugdevol word   :occasion13:
Title: Re: Geluk Naas
Post by: Naas on April 25, 2018, 08:48:26 AM
Baie dankie. Ek drink nou sewe slaappille voor ek gaan slaap op die 22 ste dan slaap ek regdeur tot die 24 ste want ek kom nou agter die verjaarsdae maak my net oud (en kranklik)


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Geluk Naas
Post by: adele on April 25, 2018, 08:56:38 AM
Klink na 'n plan, ek moet dit onthou  :love7:
Pas jou mooi op Naas, jy is nog kosbaar.
Title: Re: Geluk Naas
Post by: Naas on April 25, 2018, 01:44:43 PM
Dankie vriendin. Soms raak ek benoud as ek oor die oudword dink maar ons moet aangaan. Die lewe laat hom nie "pause" nie.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Geluk Naas
Post by: PM on April 30, 2018, 05:37:17 PM
Gelukkig het ons foon darem nog gewerk.  Naas, ek hoop jou nuwe lewensjaar sal vol goeie dinge wees. 
My gatseggies werk nog steeds nie, nou nie eers meer soos 'n flikkerlig nie.  Shame!