• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Om te weet: Seëning of vloek?

Started by Meraai vannie Baai, November 11, 2012, 06:05:11 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ah Willa

Die lewe is soos 'n nikkerbol - hard en tog lekker.
Elke huis dra sy kruis.

en as mens hier tussen die lyne deur lees dan weet ons die waarheid le in die twee boonste se goed ....

en ek se altyd en nogsteeds - gedeeldte seer is beter as gebottelde seer  :icon_biggrin:

hier is arms vol drukkies van my na julle  :love7:  :love7:  :love7:  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Dis so waar Willa! En ons bevoorreg om 'n plek te he waar ons kan deel. Selfs ons gebottelde eina's van gister's  :crybaby2:

Fransi


Ah Willa

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

#19
20 Julie 2018

Ses geseende, dankbare jare later na my eerste plasing hier...  :icon_biggrin:

In alle eerlikheid, vreet onsekerheid oor die toekoms nog soos 'n ongediagnoseerde kanker van tyd tot tyd en ek besef dat dit menslik is maar intussen het ons (Outop en ek) geleer om elke sekond wat ons saam gespaar is, ten volle te geniet want soos ek reeds in die begin gese het, niemand op aarde leef vir ewig in sy menslike liggaam nie. Ek het die voorreg om te weet presies hoe kosbaar tyd is vir ieder en elk.

Intussen het ek soveel seëninge ontvang (geleende asems op wiele was verseker die grootste) en die medikasie wat jou tikker se wegholritme in toom hou het deure (en are) oopgemaak wat voorheen toegespyker was weens 'n totale gebrek aan energie en 'n asemdief. 

Twee jaar gelede het dubbele longonsteking en 'n vergrootte hart my kniege tydelik geknak en daarna was die beperkte voginname (1 liter per dag) soos 'n lewenslange vonnis terwyl kongestiewe hartversaking jou lewe versuur maar ek het gou agtergekom dat indien ek die voorskrif verontagsaam, jou liggaam prostesteer en ongemak van swelling en vog op die longe jou lewenskwaliteit in groter mate verminder as om jou dors te kan les met liters vog.

Skielik was jy innig dankbaar vir die verkwikking as jy suig aan ysblokkies.

Die skrikwekkende lewensduurte van 2.8 jaar net na diagnose het intussen verhoog na 'n beloofde 7 kosbare jare EN die besef dat net na beraming is, het nuwe vlamme van hoop laat flikker want ek het PH'ers ontmoet wat reeds die 15 jaar perke en selfs meer bereik het!

Soms geskied die daaglikse take in slow motion maar ons doet dankbaar en in ootmoed voort - ek mis nie graag uit op 'n sekond van lekkerte as ek dit kan verhelp nie!

NS: Moet asb nie toelaat dat die wete dat jy 'n kroniese of ongeneesbare toestand het, jou seëninge steel nie. Die lewe self is terminaal vir almal!

:toothy4: :hello2: :notworthy: :icon_salut:




PM

Ek lees nou weer deur hierdie gesprekke en besef weereens hoe gelukkig ons is om mekaar nog te hê.  Daar is werklik 'n groot dankbaarheid in my hart.   :hello2: :wav:
Om te weet is om te verstaan.