Author Topic: Welkom Suidwes  (Read 11493 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Welkom Suidwes
« on: April 04, 2012, 06:25:10 AM »
Baie welkom Suidwes.  Hoe kan ek anders as om jou briefie aan "bestuur" oop te gooi vir almal om te lees.  Ek hoop van harte dat jy heerlik saam sal kuier en skryf. Welkom om die kaggelvuur.  Ons is besig met die tweede Rooiwyn... Kom skryf saam. 

Liewe Bestuur,

Ek is alreeds erg bederf, want ek is reeds die trotse eienaar:  Rooiwyn Kaggelvuur & Vers!  Wat 'n belewenis om te verdwaal in die skatkis van afrikaans.  Daagliks was ek my siel silwerskoon onder die woorde-waterval van skrywers wat die mooi en die seer van die lewe ken en deel.  Elke aand lees ek suinig uit my boek, en ooooooo wee my tog!!!!... as ek weer sien is ek passievol verlei...en let wel...sonder enige skaamte slurp ek more en sowaar sommer oormore-aand se stukkie ook!

Ai...hier gaan ek alweer en julle wil mos eintlik weet van my.  Ek sit hier in my lieflike suidwes, tussen die geheimsinnige namib woestyn aan die een kant en aan die anderkant die uitlokkende yskoue oseaan...altwee is my liefdes.  Die twee verstaan my seer en my blydskap om die beurt.  Ons praat met mekaar op verskeie maniere, soms sonder woorde, maar glo my ons verstaan en voel mekaar altyd raak.

Ek is vrolik omtrent 99% van die tyd, want ek het dit al self beleef dat selfs in die grootste smart en ongeluk breek die heel mooiste sontrale deur om jou gesond te koeter!  Ja!!!!!...ek glo domastrant om hard te soek vir die positief in enige situasie, al kruip die karnallie soms weg...hy is daar iewers!!!

In my skryfkis onder my bed het ek baie flentertjies papier.  Hulle is vol van my deurmekaar woorde as my hart oorloop.  Deesdae het ek 'n spesiale plekkie op my rekenaar waar ek my hart uitstort.

Ek wil baie graag deel word van julle, ek pleit skuldig, want my versoek is erg selfsugtig......asseblief, ek wil nog meer leer en drink by julle wat so boeiend skryf......en ek sou wou, as ek mag, saam met julle by die kaggel wil sit, rustig aan my rooiwyn teug en totaal verdwaal in my lieflike taal.

Baie dankie vir die luister.

Suidwesgroete...
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Welkom Suidwes
« Reply #1 on: April 04, 2012, 06:56:34 AM »
met soveel emosie wat so koesterend na ons toe aansweef, klink dit eerder vir my of ons by jou gaan kan leer, dit is die mooiste briefie oor liefde vir taal en skryf en ek is baie bly jy het jou stoeltjie hier langs ons kaggelvuur kom staanmaak. en hier is jou glasie...    :wave:   
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Welkom Suidwes
« Reply #2 on: April 04, 2012, 07:16:12 AM »
Ek myself is pienk gekielie!  Nou gaan ek gou 'n eie plekkie skep, dalk is ons gelukkig om voor sononder 'n skryfseltjie te sien.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Suidwes

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 6
  • Gender: Female
Re: Welkom Suidwes
« Reply #3 on: April 04, 2012, 05:47:44 PM »
Baie dankie julle wonderlike begaafde mense!!!!!

.....Glo my.....ek staan totaal verstom en voorwaar diep, diep, diep nederig voor julle!!!!.....maar helaas met my voete alreeds binne-in hierdie lieflike rivier van woorde, emosie en gevoel wat trek aan my rok se soom......

.....Eie aan my natuur gaan ek nie eens wag vir 'n reddingsgordel nie, tsk....tsk....ek wil net swem, sopnat uitklim by elkeen se plekkie, groot teue drink en versadig terug plons na die volgende meester se plek!!!!

Na vandag weet ek PRESIES hoe het Eva gevoel net voor die goeie Vader vir Adam wakker gemaak het na sy rib-operasie....die paradys het presies net so gelyk......

Ek het tuis gekom!  Al slaap ek vireers sommer net op die grond hier by my plekkie, dis heerlik knus en warm. 

Glo my, met baie tyd, liefde en bitter baie geduld (let wel......die geduld sal van julle kant moet kom terwyl ek leer!) sal ek wel my huisie bou, sommer met baie eenvoud, ag sommer 'n boomhuisie, lekker hoog waar ek kan sit en droom. 

Ek floreer daar waar alles onopgesmuk is.  Daar waar die natuur met my gesels en sonder sukkel keer op keer my hart se erosie-merke gelyk skaaf.......en sonder waarskuwing en sonder valskerm my soms van die rots afskop om weer te probeer, want ons lewe!!!!

As ek deurmekaar praat en nerens veel sin maak, blameer asseblief die komende volmaan, ek is eintlik al die ander tye van die maand vreeslik normaal!!!!

....ek lewe vir liefde want om te lewe is liefde....!!!!

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Welkom Suidwes
« Reply #4 on: April 04, 2012, 07:26:06 PM »
Oooeeee.... nou gaan ons daai Namib-stories hoor en daai Namib-gedigte kry in oorvloed. So hoop ek.
Ek moet solank myne gaan skaaf dat ons mekaar kan opdreun, of hoe se ek, Suidwes?
Baie welkom hier.  Skuif nader na die kaggel en hier is jou glasie rooies.  Prost!!
elle

Offline Suidwes

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 6
  • Gender: Female
Re: Welkom Suidwes
« Reply #5 on: April 04, 2012, 10:22:41 PM »
...hmmmmm .....danke danke danke schöne Fräulein!!!!!  :sign10:

sing saam met my, Namib-styl.....jy kan bier of wyn in jou hand he.....hierdie is 'n lekker duitse liedjie wat ons altyd sing met Oktober-fees of met Kuska en is 'n goeie wens vir jou gesondheid vir die jaar:

 :hello2: Ein Prosit, Ein Prosit, der Gemütlichkeit zein
Ein Prosit, Ein Prosit, der Gemütlichkeit zein
(Cheer!) Eins, zwei, drei  g'suffa!

Zicke, zacke, zicke, zacke, hoi, hoi, hoi,
Zicke, zacke, zicke, zacke, hoi, hoi, hoi,  :hello2:

Prost!

....die rooiwyn was heerlik!!!!  ....dis reg so, ek sal kyk na die flenters van my siel, watter is bruikbaar.....daardie stukkies papier is mos soos kinders wat jy MOET laat gaan.....en myne vergader stof teen die spoed van wit lig onder my bed.....pleks ek steek eerder my geld daar weg....
....ek lewe vir liefde want om te lewe is liefde....!!!!

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Welkom Suidwes
« Reply #6 on: April 04, 2012, 11:39:09 PM »
Ons ken nou die liedjie,  nou moet ons nog net leer bier drink.... :occasion14:
Stof af, stof af
ons wag.

elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Welkom Suidwes
« Reply #7 on: April 05, 2012, 12:36:12 PM »
Dit is heerlik om 'n nuwe maatjie welkom te heet wat sommer inval en aanpas.  Ons ander maatjies is nog weg vir die langnaweek of lê sommer net dronk by die huis.   :sign10:  (Grappie!)
Hulle sal weldra kom groet.   :wave:
Ons moet 'n plan maak en saam kom Oktoberfees hou.  Dit is mos al te lekker!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Welkom Suidwes
« Reply #8 on: April 05, 2012, 04:46:47 PM »
 :wav: welkom Suidwes  :hello2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Welkom Suidwes
« Reply #9 on: April 14, 2016, 05:28:14 AM »
Op soek na iets, een van my griffels van lank geleee, kom ek hierop af ... en wonder waar is Suidwes ... en ons ander vriende... en hul mooi griffels?
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Welkom Suidwes
« Reply #10 on: April 14, 2016, 11:27:52 PM »
 :dontknow: :crybaby2: Wonder en treur ek saam.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Welkom Suidwes
« Reply #11 on: April 19, 2016, 10:56:45 AM »
Die lewe het haar op 'n toer geneem.  Hoop sy sal eendag weer hier kom kuier.
Om te weet is om te verstaan.