• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Eerste waterlelies in Ponlockie vir 2013

Started by Meraai vannie Baai, January 16, 2013, 06:55:25 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Snik snik snik. Hierdie waterlelies het die winter nie oorleef nie. Vandag die pot uit die watergaatjie gehaal en daar was niks... net mooi niks. Gelukkig blom die eerste witleletjie weer :love7: Langs die pad na die plaas waar Meisiekindjie en haar gesin bly, het ek 'n gaatjie water gesien en daar was perslelies aan't blomme. Daar ook nie heining om die watergaatjie so ek dink dalk moet ons 'n draaitjie daar gaan loop en 'n emmer en hark saamneem  :toothy4:

Fransi

Gelukkig is die natuur vol vernuwing en herlewing. Ek is bly oor die witlelie. :-)

AB


PM

Raaitjie, het jy toe 'n lelie of twee gekry?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

PM, ons pienk lelies blom so een-een maar die blare baie treurig. Die hitte-golwe hierdie jaar ongenadig teenoor mens, dier en plant  :crybaby2:

Meraai vannie Baai

Weer probeer om die foto op te spoor van die bytjie op die lelie PM maar heelaas, tussen der duisende omtrent 'n onbegonne taak   :icon_bigsmurf: Kon darem vir jou die brawe laaste pogings om te blom van ons ander waterlelies vanoggend afneem. Herfs is besig om sy merke te maak.



Van bietjie nader...






Meraai vannie Baai

#21
Kon nou wel nie die bytjie-foto kry maar die baba monstertjie het so pragtig vir my geloer vandag, dat ek hom toe ook maar liefies kliek. Mens moet mooi kyk om hom raak te sien waar hy lief is om in die son te baai. Die outjie het hier in ons tuin die eerste lewenslig aanskou en sy ouers vele male afgeneem onder die moerbeiboom  :icon_biggrin:



Skies. Foto is uit fokus maar wou die pragtige merke op sy lyfie wys.






PM

Goeiste, kyk nou net!  Die goggatjie is werklik pragtig en ek lief die stomp waarop hy/sy sit!

Ons is ook bevoorreg om 'n paar soorte "koggelmannertjies" hier te hĂȘ.  Dan het ons ook die likkewane wat heelwat groter word.  Hulle is nogal baie lastig deurdat hulle nes maak bo in die dak. 

Baie dankie vir die deel Raaitjie, dit is wonderlik. 
Om te weet is om te verstaan.