• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Bekaai(d)

Started by Meraai vannie Baai, July 22, 2020, 11:45:26 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Dankbaar teenoor Elsabe vir die wys op hierdie uitdrukking wat dui daarop dat jy die slegste afgekom het uit 'n situasie en dus bekaaid gelaat is  :icon_biggrin:  :book1: :hello2:

Die moontlike herkoms van die woord is blykbaar van die Nederlandse bekaaien wat op sy beurt weer gene deel met bekauwen/bekeeuwen. As visse kom lug skep in erg besoedelde water. Die uitdrukking is dan glo ook gebruik as 'n skip se seile slap hang in windstilte.

Kom ons hoop ek kom nie vandag bekaaid anderkant uit met die aanvang van 'n nuwe module nie  :bootyshake:

adele

Dit voel of ek nuut in st 6 is .... nog nooit gehoor nie, dankie Raaitjie  :love7:
adéle  :grommit:

PM

Bekaaid!  Nadat die skip die hawe verlaat het en jy jouself op die kaai bevind?  Verlore?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek dink hy werk PM  :icon_biggrin: :notworthy: inderdaad is jy dan seker 'bekaaid'  :icon_biggrin:

PM

Inderdaad.  Nog 'n mooi woord nê.
Om te weet is om te verstaan.