Die Afrikaanse Forum
Die Biblioteek => Die woordmandjie/Skrywers-skatkis => Topic started by: Meraai vannie Baai on July 22, 2020, 10:45:26 PM
-
Dankbaar teenoor Elsabe vir die wys op hierdie uitdrukking wat dui daarop dat jy die slegste afgekom het uit 'n situasie en dus bekaaid gelaat is :icon_biggrin: :book1: :hello2:
Die moontlike herkoms van die woord is blykbaar van die Nederlandse bekaaien wat op sy beurt weer gene deel met bekauwen/bekeeuwen. As visse kom lug skep in erg besoedelde water. Die uitdrukking is dan glo ook gebruik as 'n skip se seile slap hang in windstilte.
Kom ons hoop ek kom nie vandag bekaaid anderkant uit met die aanvang van 'n nuwe module nie :bootyshake:
-
Dit voel of ek nuut in st 6 is .... nog nooit gehoor nie, dankie Raaitjie :love7:
-
Bekaaid! Nadat die skip die hawe verlaat het en jy jouself op die kaai bevind? Verlore?
-
Ek dink hy werk PM :icon_biggrin: :notworthy: inderdaad is jy dan seker 'bekaaid' :icon_biggrin:
-
Inderdaad. Nog 'n mooi woord nĂȘ.