• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Huis toe

Started by Ans Botha, October 11, 2015, 07:33:06 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

ek wil huis toe
daar waar die winde
deur die bloekombome fluit
en die Marico Rivier vloei

ek wil weer saam die blouapies
op die rivieroewer bollemakiesie slaan
die hasies probeer vang
wegkruipertjie speel met die eekhorinkies

ek wil as ek moeg is
weer op 'n boomstomp sit
met my voete in die stroompie water
van die Groot Marico Rivier

ek wil luister hoe die wind
sy liedjie speel deur die bloekom blare
die gemurmel van die water hoor
na die stilte luister

ek wil huis toe gaan
daar waar vrede in die aarde lê
saam met die waters vloei
waar jy nog die stilte kan hoor

© ANS BOTHA

Meraai vannie Baai

Ek sing lustig saam!  :hello2: :notworthy:

PM

Mooi so Ans.  Dit is heerlik om jou weer raak te lees.  Welkom terug.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Dankie ek het die laaste ruk gesukkel om op ons werfie te kom. Dankie vir julle saamlees ook