Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Ans Botha se plek => Topic started by: Ans Botha on October 11, 2015, 06:33:06 PM

Title: Huis toe
Post by: Ans Botha on October 11, 2015, 06:33:06 PM
ek wil huis toe
daar waar die winde
deur die bloekombome fluit
en die Marico Rivier vloei

ek wil weer saam die blouapies
op die rivieroewer bollemakiesie slaan
die hasies probeer vang
wegkruipertjie speel met die eekhorinkies

ek wil as ek moeg is
weer op ‘n boomstomp sit
met my voete in die stroompie water
van die Groot Marico Rivier

ek wil luister hoe die wind
sy liedjie speel deur die bloekom blare
die gemurmel van die water hoor
na die stilte luister

ek wil huis toe gaan
daar waar vrede in die aarde lê
saam met die waters vloei
waar jy nog die stilte kan hoor

© ANS BOTHA
Title: Re: Huis toe
Post by: Meraai vannie Baai on October 12, 2015, 08:45:58 AM
Ek sing lustig saam!  :hello2: :notworthy:
Title: Re: Huis toe
Post by: PM on October 12, 2015, 11:28:57 AM
Mooi so Ans.  Dit is heerlik om jou weer raak te lees.  Welkom terug.   :hello2:
Title: Re: Huis toe
Post by: Ans Botha on October 20, 2015, 04:09:09 PM
Dankie ek het die laaste ruk gesukkel om op ons werfie te kom. Dankie vir julle saamlees ook