• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Bird's Eye View...

Started by Angelica, April 13, 2013, 07:07:59 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Bird's Eye View

vanuit haar venster
in 'n beton muur

'n beton muur

agter die beton muur
'n beton muur

agter beton mure
'n groen blaarsambreel
waarin die oggendwind speel
die voëls van die hemel vergader

deur haar venster
in die beton muur

val 'n straal
'n sonstraal
val 'n sonstraal op  haar

as dit nag is
deur haar venster
in 'n beton muur
wink speldekop-sterretjies

vir haar

vanuit haar venster
in 'n beton muur
'n beton muur
waarop die mossie en sy maat
met mekaar praat

haar wêreld is grys
betongrys
dis hier waar sy skuil
vir die wêreld
vir haarself

©Elsabe - 2008

elle

Trapsoetjie

Dis baie mooi.

Soms wil die mure my ook vas hou, wanneer jy dit so beskryf. Kan ek voel hoe ek sukkel om asem te haal, tog voel sy veilig in die koue kloue van haar grys wereld.

:angel12:

Meraai vannie Baai

Beeldende lyne wat boekdele spreek. Lief die digters eggo Elsabe!  :hello2: :icon_salut: :book1:

PM

Ek hoop jy het dit geskaai Meraai vannie Baai!

Pragtig Elle. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#4

Angelica

Dankie Trappies, Meraai, PM en almal wat lees.
Ek het hierdie gedoen in 2008 terwyl ek die 'swart jas' gedra het.
Gelukkig het ek nog nie weer so koud gekry nie.
elle

PM

Jy stel dit pragtig en ek is so bly dat daardie wintersnag jou nie weer besoek het nie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Pragtig, dit het my koue rillings gegee. Hou aan om so te skryf, ek hou daarvan.

Angelica

Dankie Ans...
Hulle se dat uit die diepste, swartste gat die mooiste werke kom.
elle

Ans Botha

Dit is waar wat jy daar sê. By kom dit as natuurlik as die eina op die grootste is.

Meraai vannie Baai


Anastasia

Sjoe, die gedig praat hard in my oor.  Want vir my het dit waarlik figuurlike betekenis wat ek mee vereenselwig, maar ook LETTERLIKE herinnering word opgeroep. 
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!