Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on April 13, 2013, 06:07:59 PM

Title: Bird's Eye View...
Post by: Angelica on April 13, 2013, 06:07:59 PM
Bird’s Eye View

vanuit haar venster
in ‘n beton muur

‘n beton muur

agter die beton muur
‘n beton muur

agter beton mure
‘n groen blaarsambreel
waarin die oggendwind speel
die voëls van die hemel vergader

deur haar venster
in die beton muur

val ‘n straal
‘n sonstraal
val ‘n sonstraal op  haar

as dit nag is
deur haar venster
in ‘n beton muur
wink speldekop-sterretjies

vir haar

vanuit haar venster
in ‘n beton muur
‘n beton muur
waarop die mossie en sy maat
met mekaar praat

haar wêreld is grys
betongrys
dis hier waar sy skuil
vir die wêreld
vir haarself

©Elsabe - 2008

Title: Re: Bird's Eye View...
Post by: Trapsoetjie on April 13, 2013, 09:07:17 PM
Dis baie mooi.

Soms wil die mure my ook vas hou, wanneer jy dit so beskryf. Kan ek voel hoe ek sukkel om asem te haal, tog voel sy veilig in die koue kloue van haar grys wereld.

 :angel12:
Title: Re: Bird's Eye View...
Post by: Meraai vannie Baai on April 14, 2013, 04:57:31 AM
Beeldende lyne wat boekdele spreek. Lief die digters eggo Elsabe!  :hello2: :icon_salut: :book1:
Title: Re: Bird's Eye View...
Post by: PM on April 15, 2013, 11:26:28 AM
Ek hoop jy het dit geskaai Meraai vannie Baai!

Pragtig Elle. 
Title: Re: Bird's Eye View...
Post by: Meraai vannie Baai on April 15, 2013, 11:18:20 PM
 :hello2: :icon_salut: :book1:

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=1999.0

Title: Re: Bird's Eye View...
Post by: Angelica on May 15, 2013, 08:18:44 PM
Dankie Trappies, Meraai, PM en almal wat lees.
Ek het hierdie gedoen in 2008 terwyl ek die 'swart jas' gedra het.
Gelukkig het ek nog nie weer so koud gekry nie.
Title: Re: Bird's Eye View...
Post by: PM on May 16, 2013, 04:50:16 AM
Jy stel dit pragtig en ek is so bly dat daardie wintersnag jou nie weer besoek het nie.   :love7:
Title: Re: Bird's Eye View...
Post by: Ans Botha on May 26, 2013, 04:00:39 PM
Pragtig, dit het my koue rillings gegee. Hou aan om so te skryf, ek hou daarvan.
Title: Re: Bird's Eye View...
Post by: Angelica on May 26, 2013, 06:32:56 PM
Dankie Ans...
Hulle se dat uit die diepste, swartste gat die mooiste werke kom.
Title: Re: Bird's Eye View...
Post by: Ans Botha on May 26, 2013, 09:28:29 PM
Dit is waar wat jy daar sê. By kom dit as natuurlik as die eina op die grootste is.
Title: Re: Bird's Eye View...
Post by: Meraai vannie Baai on August 16, 2018, 04:00:31 AM
Jy was 'n slagoffer van die woorddief  :hello2: :notworthy: :icon_salut:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4297.msg29102#msg29102
Title: Re: Bird's Eye View...
Post by: Anastasia on August 16, 2018, 05:59:26 AM
Sjoe, die gedig praat hard in my oor.  Want vir my het dit waarlik figuurlike betekenis wat ek mee vereenselwig, maar ook LETTERLIKE herinnering word opgeroep.