Author Topic: Dis Valentine's....!!  (Read 5650 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Dis Valentine's....!!
« on: February 14, 2015, 10:49:45 AM »
Wat dink jy van die dag, Valentyns Dag, dag van die Liefde, maand van die Liefde??
 :love7:
 :love6: :love6: :love1:
Te lekker.
Ek onthou vandag die mense wat niemand het om voor lief te wees, intiem lief te wees, of niemand het wat haar/hom liefhet, intiem lief het.
Sommige verkies dit. Ander nie.  En dit is hierdie mense wat nie kies om alleen te wees aan wie ek dink, want hulle kan hierdie dae nie hanteer. 
Dit is spesiale dae op die almanak wat mense in depressies stuur.
Hoop nie jy is een van hulle.  Indien wel, jy is baie spesiaal, onthou dit.  Maak vir jouself 'n groot glas warm sjokolade en maak 'n groot chock chip koekie en eet dit daarmee saam.  Jy gaan onmiddelik beter voel.  Sommer hordes beter.
Vir die res van julle wat geseend is, GESEEND IS om iemand te he vir jy smagtelik lief is, geniet die dag en naweek en bederf daardie spesiale persoon.
elle

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Dis Valentine's....!!
« Reply #1 on: February 14, 2015, 11:02:19 AM »
SJOKOLADE SKOMMEL:
(Dit gaan jou slegs 5mins neem om te maak)

200g Choc Chips
3 K melk
1 K Vanilla roomys
1/2 K Milo poeier
1 tlp Heuning'70g Donker Sjokolade, gesmelt om die glas te smeer
Gooi die boonste (net nie die gesmelte sjoko) in 'n blender en blitz to gemeng.
Smeer die gesmelte sjoko aan die binnekant van die glas/glase
Gooi nou die skommel in die glas/glase en geniet die grootste Choc Chip Cookie wat jy kan kry.

+++

GROOT CHOC CHIP KOEKIES

100g Bruin Suiker
100g Strooisuiker
100g botter (kamer temp)
225g meel
1 eier
1 tlp Vanilla ess
140g sjoko gesmelt
85g Wit sjoko - gekap
85g Donker sjoko chips

Oond op 180C en bakpapier in pannetjie
Room bruin suiker, strooi suiker en botter met houtlepel
Voeg die res van bestanddele by en meng goed.
Neem groot hoeveelhede om 'n lekker groot CHOC CHIP COOKIE te maak - druk plat - so 1 en 1/2cm dik.
Bak 8-9 mins tot bruin en gaar.
Keer op draadrak en wag (as jy kan) tot koud

+++

Hierdie twee reseppies HOORT bymekaar en moet saam ge-eet word.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: Dis Valentine's....!!
« Reply #2 on: February 14, 2015, 02:52:43 PM »
Ai Matertjie, jy het beslis 'n paar eensame mensies se dag gemaak met hierdie lekker resepte.  Sekerlik ook 'n paar wat nie so eensaam is nie.   :icon_biggrin:

Ons oumense steur ons nie meer so baie aan sulke dae nie, maar ek was heel in my skik vanoggend toe Hannes met 'n piepklein ruikertjie ('n paar blommetjies in 'n likeurglasie) vorendag kom.  'n Groot stout glimlag om die  mond.   :angel4:

 :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Dis Valentine's....!!
« Reply #3 on: February 14, 2015, 04:06:06 PM »
Sweeet..
Hannes bly maar 'n romantiese ou.
Groete daar vir hom en ook 'n hug omdat hy my boek tot by die koerier sal vat.

XX
elle

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Dis Valentine's....!!
« Reply #4 on: February 17, 2015, 12:25:31 PM »
Dit klink heerlik!

Ons het eers vergeet. Darem later take-away's gekry. :-)

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Dis Valentine's....!!
« Reply #5 on: February 17, 2015, 06:53:19 PM »
Vergeet van Valentines????
 :evil6:
Seker omdat dit elke dag Valentines is daar by julle.
elle