• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Wie is jy

Started by Ans Botha, February 25, 2014, 10:08:11 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

met jou groen blou oë
verwaarloosde sportbroekie
help my lyk sterk hempie
vervlenterde vellies

waarvandaan kom jy
so skielik uit die niet
sit jy daar alleen
met behoefte in jou hart

wat met hartseer
in jou loop
trane in jou opkrop
sonder drome in jou hart

as jy stil in die kerk insluip
met oorgawe na preek luister
'n stille uiltjie knip
maar tog weer met waardering
luister en nagmaal belewe

as ons oë ontmoet
wat wou jy my sê
waarheen is jy weer oppad
as jy stil, stil verdwyn.

PM

Om te weet is om te verstaan.

Jeannedarc

very strong emotion subtly written into the verse. Me personally would have joined the third line of the first into a single concept - help-my-sterk-lyk-hempie or helpmysterklykhempie. very well written

Fransi

Vol empatie. Mooi geskryf.

Ans Botha

Dit is 'n voorreg om sulke positiewe kommentaar te kan kry van 'n engelsprekende leser. Dankie Jeannedarc. Ek sal die Help-my-lyk-sterk-hempie gaan navors,dankie vir daardie een.
Dankie Fransi ek waardeer jou kommentaar baie.

Ans Botha

Wie is jy

met jou groen blou oë
verwaarloosde sportbroekie
help-my-lyk- sterk hempie
vervlenterde vellies

waarvandaan kom jy
so skielik uit die niet
sit jy daar alleen
met behoefte in jou hart

wat met hartseer
in jou loop
trane in jou opkrop
sonder drome in jou hart

as jy stil in die kerk insluip
met oorgawe na preek luister
'n stille uiltjie knip
maar tog weer met waardering
luister en nagmaal belewe

as ons oë ontmoet
wat wou jy my sê
waarheen is jy weer oppad
as jy stil, stil verdwyn.

Ans Botha

Ek het gaan kersopsteek by die groot afrikaans kenners. Ja ek moet "-" tussen die woorde "help-my-lyk-sterk" gebruik. Dit is wel jou eie keuse of jy voor "hempie" ook die koppelteken wil gebruik of nie.
Weereens baie dankie Jeannedarc. Ek waardeer jou hulp.