Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Ans Botha se plek => Topic started by: Ans Botha on February 25, 2014, 10:08:11 PM
-
met jou groen blou oë
verwaarloosde sportbroekie
help my lyk sterk hempie
vervlenterde vellies
waarvandaan kom jy
so skielik uit die niet
sit jy daar alleen
met behoefte in jou hart
wat met hartseer
in jou loop
trane in jou opkrop
sonder drome in jou hart
as jy stil in die kerk insluip
met oorgawe na preek luister
‘n stille uiltjie knip
maar tog weer met waardering
luister en nagmaal belewe
as ons oë ontmoet
wat wou jy my sê
waarheen is jy weer oppad
as jy stil, stil verdwyn.
-
Mooi geskryf Ans.
-
very strong emotion subtly written into the verse. Me personally would have joined the third line of the first into a single concept - help-my-sterk-lyk-hempie or helpmysterklykhempie. very well written
-
Vol empatie. Mooi geskryf.
-
Dit is 'n voorreg om sulke positiewe kommentaar te kan kry van 'n engelsprekende leser. Dankie Jeannedarc. Ek sal die Help-my-lyk-sterk-hempie gaan navors,dankie vir daardie een.
Dankie Fransi ek waardeer jou kommentaar baie.
-
Wie is jy
met jou groen blou oë
verwaarloosde sportbroekie
help-my-lyk- sterk hempie
vervlenterde vellies
waarvandaan kom jy
so skielik uit die niet
sit jy daar alleen
met behoefte in jou hart
wat met hartseer
in jou loop
trane in jou opkrop
sonder drome in jou hart
as jy stil in die kerk insluip
met oorgawe na preek luister
‘n stille uiltjie knip
maar tog weer met waardering
luister en nagmaal belewe
as ons oë ontmoet
wat wou jy my sê
waarheen is jy weer oppad
as jy stil, stil verdwyn.
-
Ek het gaan kersopsteek by die groot afrikaans kenners. Ja ek moet "-" tussen die woorde "help-my-lyk-sterk" gebruik. Dit is wel jou eie keuse of jy voor "hempie" ook die koppelteken wil gebruik of nie.
Weereens baie dankie Jeannedarc. Ek waardeer jou hulp.