Author Topic: Kom ons maak Boek 3 'n KOOKBOEK...  (Read 16440 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak Boek 3 'n KOOKBOEK...
« Reply #15 on: April 15, 2015, 07:24:10 PM »
PM,  is daar nog mense wat belangstel om Boek 3 'n Kookboek te maak?
Ek wonder of dit net ek is wat die wille perd wil opsaal.
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom ons maak Boek 3 'n KOOKBOEK...
« Reply #16 on: April 16, 2015, 07:38:25 AM »
Elle ek glo so boek met 'n mens se eie familiegunstelinge sal altyd 'n treffer wees. Maar dit gaan moeilik wees as net jy regtig belangstel vir so iets, om die onkostes te regverdig? Die afgelope twee jaar dreig ek al om vir ons kinders die familie konkoksies in boekvorm te bewaar. Sjieeeee. Weggespring met 'n passie en nou..... het ekke henske taak hierdie kant van die aardbol op hande.

Het al die fotos gelaai vir ons boek, in volgorde met die program van drukkers wat ek altyd gebruik vir ons boeke. Sniksniksniks. Daar is die fotos wat ek op FB gelaai het nou in so klein formaat bewaar dat die program weier om dit te aanvaar. Toe begin ek die reseppies wat ons hier geplaas het op die forum te druk en toe is die formaat waarin ek dit saamgestel het om by fotos te pas weer nie drukkersvriendelik nie. En dit kom ek agter nadat ek deur al ons ink is!! Nou le die spulletjie hier langs my.

Net daar besluit ek, reg - die fotos sal ek uitknip en die resepte gaan ek met die hand oorskryf. Is my Meisiekind amper in trane toe sy dit hoor. Ons gaan vuisslaan oor daai boekie eendag moedertjie vertel sy.Nou gaan ek sorg dat daar so paar koffievlekkies en hier en daar so ou smeerseltjie ook aspris beland vir 'bak-kultuur' en weet my kind gaan elke blaadjie eendag opreg waardeer. Dink nie skoondogters sal regtig die Afrikaanse woorde by meeste van hulle kan ontsyfer nie in alle gevalle lol!

*sal 'n fototjie neem en kom wys - dit sou nooit gewerk het nie  :color:
« Last Edit: April 16, 2015, 09:12:47 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak Boek 3 'n KOOKBOEK...
« Reply #17 on: April 16, 2015, 07:33:17 PM »
Ai jai jai...
Lyk nie of iemand saam met my wil mal raak nie.
Dan maak ek dit maar 'n familie-boek en gee vir elke sib 'n 'eksemplaar'...
Dis koester-goed.
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom ons maak Boek 3 'n KOOKBOEK...
« Reply #18 on: April 16, 2015, 11:53:07 PM »
Ek stem saam. Dis koester-goed. Jy moet sebliefie kom wys Elle!

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Kom ons maak Boek 3 'n KOOKBOEK...
« Reply #19 on: April 17, 2015, 04:53:52 PM »
ag grrrrooooooot skuus, Elle... ek gebruik lankal nie meer enige resepteboekies nie ... die alleen wees het my daarvan genees. Nee, ek lieg nou sommer so oopbek ...  :toothy4:   dis omdat ek baie min kere regtige etes of teetyd-eetgoed berei en wanneer ek doen, is dit die eenvoudigste bekende reseppies wat lankal lêplek in my vingers-geheue gekry het.  :icon_scratch:  Die finansies het my jare gelede so in die steek gelaat,  :dontknow:   dat ek dit nou nog moeilik vind om enige kruideniers ekstra, as die nodigste te koop ....
Maar,ek deel graag dié resepte wat ek het met jou. Sê seblief waarna jy sal wil kyk.  :icon_study: 
adéle  :grommit:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak Boek 3 'n KOOKBOEK...
« Reply #20 on: April 17, 2015, 07:17:52 PM »
Adele,  ek het gedink ons moes weer ons eie 'resepteboek' binne Boek3 he, soos die vorige boeke.
Maar ek verstaan dat dit nie vir almal moontlik is nie.  En die manne sal nie deelneem nie...
So, ek gaan maar my eie ding doen wanneer ek kan.
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kom ons maak Boek 3 'n KOOKBOEK...
« Reply #21 on: April 17, 2015, 07:35:50 PM »
Wat bedoel jy met die manne? Ek sit wag juis nou vir my rys om te ping voor die beurtkrag kom. Dan kan my gesin lekker potroast en rys kry by kerslig.
Jy moet onthou my vrou is nog steeds 'n nursie. terwyl sy saans portiere skrikmaak moet ek kook.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak Boek 3 'n KOOKBOEK...
« Reply #22 on: April 18, 2015, 12:53:08 PM »
Whaha....
Wat ek bedoel het, was dat die manne nie hierdie keer sal bydra tot die boek.
Wanneer kom julle weer hierdie kant toe dat ons kan gaan  :coffee2: drink by PnP??
Dalk kom PM en Hannes teen Augustus Kaap toe, dan reel ons weer 'n dans.
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom ons maak Boek 3 'n KOOKBOEK...
« Reply #23 on: May 26, 2015, 10:58:57 AM »
Naas, het jou rys al geping? En wonder ek nou hoe vorder die kookboekdinge Elle?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak Boek 3 'n KOOKBOEK...
« Reply #24 on: May 31, 2015, 11:25:18 AM »
Ek is mal oor die beskrywing "Koestergoed".  Kom ons begin om die "koestergoed" te plaas!  Ek gaan gou 'n plekkie oopmaak terwyl ek 'n strepie opvangs het.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom ons maak Boek 3 'n KOOKBOEK...
« Reply #25 on: June 01, 2015, 05:43:54 AM »
Plek geboek vir die 'Koestergoed-afdeling'  :notworthy: :hello2: