• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die huwelik is 'n tronk...

Started by Meraai vannie Baai, November 14, 2018, 08:56:36 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Hulle se die huwelik is 'n tronk - mens moet jou selmaat versigtig kies. So bly ek het lewenslank gekry saam Outop  :icon_biggrin:

Assie

Agter tralies van goud
kruip ek weg
gebind deur liefde
goed... of sleg

ek dra die las
van 'n lewenslange eed
gebind deur liefde
soet... of wreed

aan een my hart vertrou
tot die dood ons kom haal
gebind deur liefde
armoedig... of in praal

'n lewenspad
van rustiger tot woester
gebind deur liefde
verwerp... of gekoester

'n lewenspad
deur self beheer
'n lewenspad
self geteer...


:mumum:

Meraai vannie Baai

WOW! Assie, beter kan niemand dit stel nie.  :icon_salut: :notworthy:

PM

Pragtig geskryf.  Ek lief die teenoorgesteldes. 


Ek stem saam Raaitjie, ek is dankbaar vir my selmaat.  Ons sit al saam vir 50 jaar en ek hoop vir nog 'n hele paar gelukkige jare.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

adele

En dan is daar die onnoseles wat hul eie maat se waarde verwerp en gedurig loop en soek na iemand in die langsaan-sel.
Ook hulle wat nie die groot genade soos wat julle het, wil besef of verstaan nie, maar eers as hul hul maat verloor, agterkom wat het hul nie na waarde geskat nie.
adéle  :grommit:

PM

Dit is die waarheid.
Ek kyk nou so na Naas se gedig en dit pas net so pragtig by die Kontrasgedigstruktuur in. 
Het iemand nog voorbeelde wat ons dan daar by die Kontrasgedigstruktuur kan voeg?
Om te weet is om te verstaan.

Assie

#6
Tannie Elmarie van Oom Naas se sy het na 41 jaar nog nooit oorweeg om te skei nie maar het al verskeie kere moord oorweeg.

:mumum:

PM

Ek sal ook nie skei nie. Die ander helfte is ook myne.   :angel7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#8
'die ander helfte is ook myne...' PM, jou vraat  :angel4: maar ek stem saam, dit is 'n uitstekende voorbeeld van die kontrasstruktuur!  :notworthy: :book1: :hello2:

Ek het die nuwe gedigstruktuur probeer maar gaan nog bietjie skaaf  :icon_bigsmurf:

PM

 :angel4:  ja, vrek vraatsig!   :angel4: 
Hier by ons gaan dit nou 'n bietjie besig met Hannes wat more by die tandarts moet wees.  Dit is die rede hoekom ons vannaand hier by Gerhard slaap.  Ek sal ook 'n bietjie werk aan die kontrasgedigstruktuur, sodra ek weer tuis is.  Hierdie week is so vol, ek weet nie hoe ek alles sal inpas nie. 
Om te weet is om te verstaan.