Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: Meraai vannie Baai on November 14, 2018, 08:56:36 AM

Title: Die huwelik is 'n tronk...
Post by: Meraai vannie Baai on November 14, 2018, 08:56:36 AM
Hulle se die huwelik is 'n tronk - mens moet jou selmaat versigtig kies. So bly ek het lewenslank gekry saam Outop  :icon_biggrin:
Title: Re: Die huwelik is 'n tronk...
Post by: Assie on November 14, 2018, 09:27:18 AM
Agter tralies van goud
kruip ek weg
gebind deur liefde
goed... of sleg

ek dra die las
van 'n lewenslange eed
gebind deur liefde
soet... of wreed

aan een my hart vertrou
tot die dood ons kom haal
gebind deur liefde
armoedig... of in praal

'n lewenspad
van rustiger tot woester
gebind deur liefde
verwerp... of gekoester

'n lewenspad
deur self beheer
'n lewenspad
self geteer...


 :mumum:
Title: Re: Die huwelik is 'n tronk...
Post by: Meraai vannie Baai on November 14, 2018, 08:28:35 PM
WOW! Assie, beter kan niemand dit stel nie.  :icon_salut: :notworthy:
Title: Re: Die huwelik is 'n tronk...
Post by: PM on November 15, 2018, 09:58:36 AM
Pragtig geskryf.  Ek lief die teenoorgesteldes. 


Ek stem saam Raaitjie, ek is dankbaar vir my selmaat.  Ons sit al saam vir 50 jaar en ek hoop vir nog 'n hele paar gelukkige jare.   :notworthy:
Title: Re: Die huwelik is 'n tronk...
Post by: adele on September 13, 2021, 12:13:54 PM
En dan is daar die onnoseles wat hul eie maat se waarde verwerp en gedurig loop en soek na iemand in die langsaan-sel.
Ook hulle wat nie die groot genade soos wat julle het, wil besef of verstaan nie, maar eers as hul hul maat verloor, agterkom wat het hul nie na waarde geskat nie.
Title: Re: Die huwelik is 'n tronk...
Post by: PM on September 13, 2021, 01:00:40 PM
Dit is die waarheid.
Ek kyk nou so na Naas se gedig en dit pas net so pragtig by die Kontrasgedigstruktuur in. 
Het iemand nog voorbeelde wat ons dan daar by die Kontrasgedigstruktuur kan voeg?
Title: Re: Die huwelik is 'n tronk...
Post by: Assie on September 13, 2021, 01:50:20 PM
Tannie Elmarie van Oom Naas se sy het na 41 jaar nog nooit oorweeg om te skei nie maar het al verskeie kere moord oorweeg.

 :mumum:
Title: Re: Die huwelik is 'n tronk...
Post by: PM on September 13, 2021, 02:21:13 PM
Ek sal ook nie skei nie. Die ander helfte is ook myne.   :angel7:
Title: Re: Die huwelik is 'n tronk...
Post by: Meraai vannie Baai on September 13, 2021, 11:34:33 PM
'die ander helfte is ook myne...' PM, jou vraat  :angel4: maar ek stem saam, dit is 'n uitstekende voorbeeld van die kontrasstruktuur!  :notworthy: :book1: :hello2:

Ek het die nuwe gedigstruktuur probeer maar gaan nog bietjie skaaf  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die huwelik is 'n tronk...
Post by: PM on September 14, 2021, 07:05:48 PM
 :angel4:  ja, vrek vraatsig!   :angel4: 
Hier by ons gaan dit nou 'n bietjie besig met Hannes wat more by die tandarts moet wees.  Dit is die rede hoekom ons vannaand hier by Gerhard slaap.  Ek sal ook 'n bietjie werk aan die kontrasgedigstruktuur, sodra ek weer tuis is.  Hierdie week is so vol, ek weet nie hoe ek alles sal inpas nie.