Author Topic: Murphy was hier...  (Read 6686 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Murphy was hier...
« on: October 06, 2013, 08:27:45 AM »
Ek probeer maar rustig deur my hedendaagse lewe trippel. 
Daar is tog nie iets wat jyself aan die waai van die wind kan doen.  Of of die son skyn of sneeu val.  Of miskien of die Dominee 'n teks het waaroor hy vandag vir jou 'n boodskap wil bring en jy iets anders nodig het...   :dontknow:
Maar wat my na Murphy laat kap, is dat hy die jambotteltjie se dekseltjie so styf toedraai dat dit onmoontlik is om dit oop te kry.  Nie almal van ons is 'n gewigopteller (kan hulle jambottels oopdraai, of kan hulle net ampules se koppies afbreek?) nie.  Ek meen, die ding sit so vas soos die spreekwoordelike dikgevrete muis in 'n kalbas.  Ek het al gehoor van die ding onderstebo in warm water te sit vir 'n rukkie, maar Eskom sal my oor die vingers tik omdat ek dit durf waag om steenkool te mors op die oopmaak van 'n jambottel.  So, ek ruk 'n laai oop, ruk 'n skerp mes uit en diepplant 'n lem met een hou in die deksel. En siedaar, jam. Ek ys as ek daardie 'diepplant' in my hand gaan maak. Agterna sit jy met 'n glasbotteltjie en gewonde dekseltjie...  net reg vir weggooi.  Ek moet nog leer om jambotteltjies te gebruik om blommeranskikkings in te doen. 
Dan is daar een ding waaroor ek Murphy wil wurg.  Die man (Murphy is 'n man, of hoe?  :headbang:) laat mos altyd die foon lui net sodra jou pantie/onderbroek op jou enkels hang en jy 'n volblaas leeg maak en daar niemand anders is wat die %#*&@ foon kan antwoord.  Hoe weet die %*&#@ dit?  Sit hy en loer vir jou heeldag?  Toets hy jou?
Die ou
lag in sy mou
vir jou...
En die ergste is dat jy nie die dokument kan kry wat jy so sorgvuldig weggesit het om nie te verloor vir wanneer jy dit nodig het nie.  Soos die verskillende dokumente en slippie'tjies en kwitansies en dies meer wat jy nodig het om jou TAX te doen....
En daars nog vele meer plekkies en waar Mr M my geduld uit my my wurg.

 
 
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Murphy was hier...
« Reply #1 on: October 06, 2013, 10:22:54 AM »
Die vent laat gewoonlik my neus loop terwyl ek besig is om te knie!   :icon_biggrin:

'n Mens kry daardie "botteloopmaker" ding.  Dit lyk soos 'n skêr, maar as jy dit nodig het is dit ook weg!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Murphy was hier...
« Reply #2 on: October 06, 2013, 07:40:18 PM »
praat jy van die helsim genaamd Murphy.
PM was al hier by ons. 'n Redlike groot en besige pad loop reg voor ons huis verby oor die plaas. Die pad kan stil wees en 8 uit 10 keer as ek uit die wingerd of werf op die grootpad wil ry, kom daar 'n voertuig aan. As ek 10 sekondes gouer of later was was die pad oop en stil dat ek kon ry maar byna elke keer vang ek daai 10 sekondes verkeerd. Ek stop al by voorbaat by die pad voordat ek eers gekyk het.

Van daai slippies en notas ens gepraat vir later gebruik, ek steek my eie goed so weg dat ek dit nie vind nie.

Ja Murphy is seker in elkeen se lewe doening op sy manier om elke persoon te verpes in die deel van sy/haar lewe wat verpesbaar is.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Murphy was hier...
« Reply #3 on: October 06, 2013, 07:51:27 PM »
Ek praat juis van daai Mr Murphy.
So koop ek 'n toppie wat my agterstewe nie so groot soos 'n waenhuis laat lyk.
Gewoonlik frommel ek die papiertjie net daar op by die toonbank en gooi dit mooi in my handsak.  Soms in die sak by die garment.
So haal ek die toppie uit toe ek by die huis kom en bekyk weer die kontrepsie.  Nope.  Ek like nie meer van hierdie toppie, ek sal dit terugvat volgende naweek.
Hier by Donderdag rond soek ek daai slippie.  Mr Murphy was weer in my huisie terwyl ek by die werk was.  Daai slippie is tot vandag toe nog weg.  Maar in my beursie haal ek Mei se slippie uit.  Nou moet ek maar met my waenhuisboude daai toppie dra... :dontknow:
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Murphy was hier...
« Reply #4 on: October 06, 2013, 08:54:33 PM »
voel my hy is al doktor murphy hier by my. eendag is eendag gaan ek hom in die hande kry en dan....ja dan weet ek ook nei wat om met hom te maak nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Murphy was hier...
« Reply #5 on: October 08, 2013, 03:52:35 PM »
Ek dink die winkels moet vir 'n mens 'n kaartjie gee wat alles aanteken wat jy gekoop het, dan het jy nie nog 'n bewys nodig nie. 
Dit is al die skelms in die land wat die lewe vir almal moeilik maak.  Dan kom Mr M ook nog lastig raak. 
Om te weet is om te verstaan.