• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gedig oor Radio uitgesaai

Started by Ans Botha, September 03, 2013, 07:29:18 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

#15
Ek dink dit hang dikwels af van die emosies wat jy ervaar wanneer jy 'n gedig lees.  Ek dink net so.  Soms is 'n mens self vrolik en opgeruimd en dan het dit 'n invloed op hoe jy die gedig lees.  

Dan is dit ook 'n kompliment, want soos die slimkoppe sê, hoe meer weergawes daar van 'n gedig gegee kan word, hoe meer geslaagd is dit.  

Ek het my al self dikwels met 'n plank geslaan deurdat ek totaal en al 'n ander prentjie gesien het as wat die skrywer geskilder het.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Dit is seker waar wat jy daat sê PM. Maar my tolbossie lyk soooo mooi in die boek!

PM

Jou hele bundeltjie lyk pragtig Ansie.  Laat weet my tog as jy dit ontvang het asseblief.  Ek kan nie wag om te hoor wat julle daarvan dink nie.
Om te weet is om te verstaan.