Ek is baie lief vir kapokaartappels, veral as dit gemaak word met baie botter, room en knoffel. Absoluut heerlik!
Hier is 'n heerlike resep:
Geroosterde knoffel kapokaartaapels
4-5 groot aartappels
1 en 1/2 koppies vars volroom melk
1 eetlepel olyfoilie
1 knoffelkop
1/2 koppie botter
250g bakkie mascarpone roomkaas
1/2 koppie gekapte grasuie
Verhit oond tot 250grade.
Verwyder die skil van die knoffel, maar los elke individuele knoffeltjie in sy doppie. Sny 'n baie klein deel aan die knop van elke knoffelhuisie af sodat jy net net die knoffel kan sien. Gooi olyfolie oor en maak toe met foelie. Rosster die knoffel vir ongeveer 40 minute.
Haal dan die knoffel uit en druk elke knoffelhuisie se knoffel in 'n bak. Druk verder fyn met 'n vurk.
Kook jou aartappels of sit hulle in die mikrogolfoond.
Meng die melk, knoffel paste en botter in 'n pan en laat dit kook.
Meng die melk mengsel met jou aartappels.
Vou die mascarpone kaas en grasuie in.
AB, miskien sal hierdie 'n lekker resep wees om kapokaartappels nog 'n kans te gee?