Ons het die nag in 'n kampterrein geslaap. Daar is nie baie nie maar meer as genoeg. Wendyhuis kombuis, 2 storte met warm en koue water en 2 spoel toilette en 'n lekker kuier area waar mens kan vuur maak en braai en kuier.
paar manne het besluit om weer te gaan visvang vir die dag en ander het besluit om 'n draai in die duine te gaan ry. EK is saam duine toe. Voor ons ry het ons besoekers by die kamp gehad.
die 2 wou wou so effe katterig raak, gehoop ons kry lekker aksie van hulle af maar toe ook nie.
ons het teen die strand gekamp. tussen waar ons is en die duine is 'n strook van sowat 80 km lank en tot 8 km wyd. Dit is die oer deltas van die Tsondabrivier (naby Solitaire) en Tsaudabrivier ( Sossusvlei). Die water wat deesdae in die riviere afkom en teen die duine stuit, syfer onder die duine deur na die monding en dit neem sowat 15 jaar. As jy hier on die gedeelte vleierigheid op verkeerde plek ry gaan jy in modder vassit.
Die eerste duine na die vleiland
Hier was die duine naby di esee, dis amper aan die suidpunt van die delta.
Weer 'n slag iets anders as 'n duin wys
hier was dit hoog en steil af
so lyk dit van onder
en die brander sand wat so voor die voertuig uitloop maak so dreuning...brulsand.
teen die see het die wind min gewaai maar in die duine was dit weer sulke tyd.
nie lekker gewees nie maar wel mooi gewees.
ons het ook versteende duine raakgeloop daar tussen die duine.
wind en wind en sand
ek het paar benoude oomblikke onder in daai gat gehad
duin skrep op aan die een kant
en skerp af aan die ander kant
die kinders het dit vreeslik geniet om in die groot sand gate te speel
Dis hier waar ek my 2 - ling suster rakgeloop het, syt maar gehawend gelyk soos die woestyn haar verniel het, bly ek lyk nie soos sy nie.
uit die duine uit, in die delta het ons by Fishersbrunn aangedoen.
Dit was 'n dorpie waar water gepomp is vir die delwers dorpies en daar was ook geboer met groente. Hulle het groente aan die delwers en walvisbaai en swakopmund voorsien.
die water is baie vlak onder die oppervlakte en dis baie meer vars as brak.
die water was tot 80 km ver gepomp. die maatskappy wat die water voorsien het, het 20% van die diamante gevra wat die delwers gekry het. As hulle nie diamante gekry het nie het hulle ook nie betaal nie.
Die dorpie is klompie jare gelede herbou met huisies wat by Meobbaai afgebreek is en hier opgesit is.