• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gebore om dood te gaan

Started by Naas, December 02, 2019, 11:22:05 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Die prik per jaar sal seker wees soos die griep inspuiting vermoed ek?

PM

Halo Raaitjie.  Dit lyk my nie hier gaan geslaap word vannaand nie.   :love7:   Die hele ou spul is so onsamehangend, 'n mens weet regtig nie herwaards of derwaards nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

My gevoel is dat die covid inspuiting deel gaan word van die jaarlikse griepinspuiting.
Ek hoor jou PM. Soos almal om jou is jy ook bang vir die siekte. Onthou ons is almal 'n dood verskuldig.. "Gebore om dood te gaan". As dit nie Covid is nie sal dit een van 'n miljoen ander goed wees. Daar gaan daagliks derduisende mense dood agv padongelukke maar ons ry nog almal rond...
Assie se Oupa se mos ewig: Die dood moet' n oorsaak he. Moet net nie gedagtes in sy kop plant nie.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dit is soos jy sê Naas.  Ek het 'n ewige vrees vir die dood, maar nie vir myself nie, ek is so bang om iemand na aan my af te staan, want ek weet hoe seer dit is. 
Om te weet is om te verstaan.