• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

PM!!!! hier is 'n vragie vir jou!

Started by Chichi, January 04, 2012, 07:47:02 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Dit is die waarheid.  Ek is bly jy was net baie besig.  Hoop dit sal nou rustiger gaan. 
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Ag nee niks se gerustig wees nie!! Hoe besiger hoe beter vir my, dit voel of ek lewe en dinge doen en alles is geseen met liefde, ek het die afgelope paar maande besef watse goeie vriende ek het en hoe ondersteunend hulle regtig kan wees en dit maak my hartjie sommer warm om daaraan te dink!

ek is jonk en wil die lewe met twee hande beet hĂȘ!!
*The one and only AWESOME-EST


PM

Carpe diem matertjie, maar dan moet jy asseblief leer om met jou tone te tik.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Ek tik al heeldag met my tone!!!  :icon_biggrin:

My hande is besig om goed te verf vir my kleinsus se troue
*The one and only AWESOME-EST


Ah Willa

vertel van die verfgoed vir jou klein sus se troue ...

'n jong dame naby my en haar manlief is al 7 jaar saam en eers het geen ID hulle gestop om te trou (haar ouers het nooit haar geborte aan geteken nie en eers op 23 (begin van die jaar alles agter mekaar gekry en het sy nou 'n ID) en nou stop geld hulle ... so ons het gewis en geloer en weet min of meer hoese troue hulle graag wil he ...

ons beplan en bedink nog ... maar ek versamel ook al blikkies wat deel gaan wees van tafel se mooi - gaan dit verf in troue se kleur
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Chichi

Verfgoed is dalk nou nie die presiese regte woord nie? Decoupage eintelik, ek het my sus en haar verloofde se pad al saam se gebeurtenisse gevang in koerantuitknipselstyl, ekt dit op hout gesit en 'n plekmatjie daarvan gemaak, na baie lae werk is dit maar ietsie vir elk wat die troue bygewoon het vir 'n warm pot of iets vir die tafel. Dits alles swart en wit en oordat dit meestal woorde is, is dit nie te persoonlik om in jou huis te gebruik nie.

Ek het baie baie idees gekry met die troue want hulle wou so goedkoop moontelik trou, sonder dat dit soos 'n goedkoop troue lyk... Sy is immers net 21 jaar oud. Hy is darem al 26.
*The one and only AWESOME-EST


AB

Tjiekie jys mos erg kunstig as ek reg onthou.


Fransi

Dit klink pragtig! As jy dalk nog iets wil doen wat mooi lyk en baie goedkoop uitwerk, kan jy dalk met die verskillende pastas (makaroni) en die ronde sade wat 'n mens sommer kan pluk of optel, engeltjies, vlinders, slakkies, lady birds ens. mee maak en dit ook mooi verf.

Chichi

Loxi, ek is so bietjie kunstig ja, nie soos ek verneem so baie soos sommige van die ander wonderlike mensies op die forum nie maar darm genoeg om ietsie bymekaar te kan slaan.  :icon_biggrin:
*The one and only AWESOME-EST


Ah Willa

deel 'n foto van die plek houertjie ... wat dan later n warmpot se hitte van die tafel af kan weghou :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w