• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Adéle Rooiwyn Maanlig & Vers

Started by PM, May 27, 2013, 05:04:37 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek het sommer boek 2 "maanlig" gedoop vir tyd en wyl.  Adéle stuur toe hierdie en ek dink dit is pragtig. 

Van oral kuier ons saam oor kuberruimtes heen
en nou kom ons hier bymekaar in 'n skrywerskasteel
vol geheime woordeboek-skatte,
skilderye met woorde geverf en in emosies geraam
en matte geweef met outydse gedigstrukture.
Oral hang foto-woorde van wydse oseane
tot bonsai-vetplantbloeisels op 'n reënboogvlakte.

Kom skink vir jou 'n glasie rooiwyn,
                     (wit hanepoot vir my!)
trek die swaar fluweelgordyne teen mekaar
en kies 'n sitplek voor die vreugdegeel-kaggelvuur.

Nou kan ons deurnag kuier en gesels,
                       (ons is immers gewoond daaraan!)
en gesteelde groenmielies verorber;
gesels oor Ver-Oos en van Verder-Wes en
vanaf elkedag se leie ons lewensstories voorlees.

©Adéle
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai