Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: PM on May 27, 2013, 04:04:37 PM

Title: Adéle Rooiwyn Maanlig & Vers
Post by: PM on May 27, 2013, 04:04:37 PM
Ek het sommer boek 2 "maanlig" gedoop vir tyd en wyl.  Adéle stuur toe hierdie en ek dink dit is pragtig. 

Van oral kuier ons saam oor kuberruimtes heen
en nou kom ons hier bymekaar in ’n skrywerskasteel
vol geheime woordeboek-skatte,
skilderye met woorde geverf en in emosies geraam
en matte geweef met outydse gedigstrukture.
Oral hang foto-woorde van wydse oseane
tot bonsai-vetplantbloeisels op ’n reënboogvlakte.
 
Kom skink vir jou ’n glasie rooiwyn,
                     (wit hanepoot vir my!)
trek die swaar fluweelgordyne teen mekaar
en kies ’n sitplek voor die vreugdegeel-kaggelvuur.
 
Nou kan ons deurnag kuier en gesels,
                       (ons is immers gewoond daaraan!)
en gesteelde groenmielies verorber;
gesels oor Ver-Oos en van Verder-Wes en
vanaf elkedag se leie ons lewensstories voorlees.
 
©Adéle
Title: Re: Adéle Rooiwyn Maanlig & Vers
Post by: Meraai vannie Baai on May 27, 2013, 11:02:50 PM
Ek lieffff dit  :love7: :hello2: :notworthy: