• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Koekies agter glas

Started by Jeannedarc, June 01, 2011, 03:30:32 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Jeannedarc

Nederland Holland
Amsterdam Rotterdam
Rooiligstraat Walletjes straat
Stad van kultuur, skoonheid
Stad van meerschaum pype
En o so inhibisieloos

Amsterdam
Rooiligstraat Walletjes straat
Koekies agter subtiel verligte glas
Terte op vertoon
Soos die fyngebak
By die Sannieshof kerkbazaar
Yskastert en melktert sal jy nie kan kry
In Walletjes straat die rooiligstraat


Trapsoetjie

 :icon_biggrin: Baie oulik geskryf, ja ~ nee daar is net warm poedings  :toothy4:

:angel12:

PM

Lekker lag ek vir die titel van die gedig.  Natuurlik het ek eers 'n hele ander idee gehad,  maar nou ja,   :icon_biggrin:  jy kry tien uit tien vir oorspronklikheid!   :hello2: 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

In Voortrekkerstraat
van my kontrei
sal jy na sonsonder
by die bakkery
op 'n halfnaak skinkbord
ook 'n deurry koekie kry.

Gemmerkoekies,
Chocklitkoekies,
Sosatiekoekies op twee stokkies.
Almal lyk so vry.
Maar as ek met die oog koop
so in die verbyry,
moet ek maar net wonder
wat jy alles gratis
daarby kry.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Seg iets hier in my agterkop vir my:

As 'n leser, nadat hy 'n gedig gelees het, sien sy pen spring op en af om saam te skryf,  dan moet die skrywer weet,  dit is 'n geslaagde gedig!   :bootyshake:

:hello2:  Mooi Naas,  jy het nou sommer nuwe dimensie aan Koekies agter glas gegee!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek bars sommer hardop uit van die lag nadat ek besef watter tipe koekies hier te vinde is. Dog nog ek gaan ietsie aanmekaaar slaan vir myse Outop se soettand voor ons Vrydag die pad vat kus toe. Aan die resep vir die soort snoepgoete wil ek liefs nie nou dink nie. Wat 'n onderwerp en puik hanteer deur altwee skrywers  :love7: :notworthy:

PM

Niemand kan vir my kom vertel dat hierdie skrywers nie uit die boonste rakke uit sorteer nie!

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


PM

Hier tik die duiwel nou aan my skouer en sê:  PM, lees hierdie gedig voor by die volgende "Lees Ladies".  (Ag waar is my gatseggies as ek hulle nodig het!)  Huil-huil loop ek uit. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hahahaha. Mater ek hoop jy kry 'n meer positiewe reaksie as Mien van Antie Stien toe sy haar boekvoorlesing vir die stoere boertantes van die dorp gedoen het!

PM

Ag wat, hulle is pragtige ou tannetjies.  (Nou moet ek lig loop of ek kry dalkies 'n sambreel oor die kop.)  :icon_biggrin:   Statige ou dames, dit is wat hulle is! 
Om te weet is om te verstaan.