Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => JeannedArc se plek => Topic started by: Jeannedarc on June 01, 2011, 02:30:32 PM

Title: Koekies agter glas
Post by: Jeannedarc on June 01, 2011, 02:30:32 PM
Nederland Holland
Amsterdam Rotterdam
Rooiligstraat Walletjes straat
Stad van kultuur, skoonheid
Stad van meerschaum pype
En o so inhibisieloos

Amsterdam
Rooiligstraat Walletjes straat
Koekies agter subtiel verligte glas
Terte op vertoon
Soos die fyngebak
By die Sannieshof kerkbazaar
Yskastert en melktert sal jy nie kan kry
In Walletjes straat die rooiligstraat

Title: Re: Koekies agter glas
Post by: Trapsoetjie on June 01, 2011, 03:19:03 PM
 :icon_biggrin: Baie oulik geskryf, ja ~ nee daar is net warm poedings  :toothy4:

 :angel12:
Title: Re: Koekies agter glas
Post by: PM on June 02, 2011, 08:59:59 AM
Lekker lag ek vir die titel van die gedig.  Natuurlik het ek eers 'n hele ander idee gehad,  maar nou ja,   :icon_biggrin:  jy kry tien uit tien vir oorspronklikheid!   :hello2: 
Title: Re: Koekies agter glas
Post by: Naas on June 02, 2011, 09:43:30 AM
In Voortrekkerstraat
van my kontrei
sal jy na sonsonder
by die bakkery
op 'n halfnaak skinkbord
ook 'n deurry koekie kry.

Gemmerkoekies,
Chocklitkoekies,
Sosatiekoekies op twee stokkies.
Almal lyk so vry.
Maar as ek met die oog koop
so in die verbyry,
moet ek maar net wonder
wat jy alles gratis
daarby kry.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Koekies agter glas
Post by: PM on June 02, 2011, 11:20:02 AM
Seg iets hier in my agterkop vir my:

As 'n leser, nadat hy 'n gedig gelees het, sien sy pen spring op en af om saam te skryf,  dan moet die skrywer weet,  dit is 'n geslaagde gedig!   :bootyshake:

 :hello2:  Mooi Naas,  jy het nou sommer nuwe dimensie aan Koekies agter glas gegee!   :icon_biggrin:
Title: Re: Koekies agter glas
Post by: Meraai vannie Baai on June 13, 2018, 10:28:14 AM
Ek bars sommer hardop uit van die lag nadat ek besef watter tipe koekies hier te vinde is. Dog nog ek gaan ietsie aanmekaaar slaan vir myse Outop se soettand voor ons Vrydag die pad vat kus toe. Aan die resep vir die soort snoepgoete wil ek liefs nie nou dink nie. Wat 'n onderwerp en puik hanteer deur altwee skrywers  :love7: :notworthy:
Title: Re: Koekies agter glas
Post by: PM on June 16, 2018, 10:37:28 PM
Niemand kan vir my kom vertel dat hierdie skrywers nie uit die boonste rakke uit sorteer nie!

Title: Re: Koekies agter glas
Post by: Meraai vannie Baai on August 16, 2018, 03:57:16 AM
Jy was 'n slagoffer van die woorddief  :hello2: :notworthy: :icon_salut:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4297.msg29102#msg29102
Title: Re: Koekies agter glas
Post by: PM on August 16, 2018, 12:52:37 PM
Hier tik die duiwel nou aan my skouer en sĂȘ:  PM, lees hierdie gedig voor by die volgende "Lees Ladies".  (Ag waar is my gatseggies as ek hulle nodig het!)  Huil-huil loop ek uit. 
Title: Re: Koekies agter glas
Post by: Meraai vannie Baai on August 16, 2018, 10:50:16 PM
Hahahaha. Mater ek hoop jy kry 'n meer positiewe reaksie as Mien van Antie Stien toe sy haar boekvoorlesing vir die stoere boertantes van die dorp gedoen het!
Title: Re: Koekies agter glas
Post by: PM on August 20, 2018, 01:45:19 PM
Ag wat, hulle is pragtige ou tannetjies.  (Nou moet ek lig loop of ek kry dalkies 'n sambreel oor die kop.)  :icon_biggrin:   Statige ou dames, dit is wat hulle is!