• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vertaal "rat race"

Started by PM, June 20, 2012, 12:04:53 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

AB

NAV die ratrace....my broer bel my vanoggend en seg hy het sy werk by die bank bedank en 'n pos aanvaar by Unisa wat hom aangebied is. ek is eintlik dankbaar daarvoor want so kon hy nie aangaan nie. soos hy self seg, sy lewe hardloop by hom verby en al wat hy kan wys is geld. die nuwe pos is nie so betalend nie maar hy gaan tyd hê vir homself en sy gesin. 

ek is verbaas dat hy nie reeds in 'n gestig beland het soos hy angegaan het nie. sy nuwe werk is ook net 1 km van sy huis af (Waterkloof), die huidige een is in die middestad van PTA. 


PM

Dit is wonderlik AB.  Hannes sê hy dink dit is nader aan ses kilometer van Waterkloof af, maar dit is nogtans baie naby en 'n baie beter pad om te ry.  Hier in die stede hang dit ook nie af van hoe ver jy van die werk af is nie, dit is 'n nagmerrie om deur die verkeer te kom.  Hannes ry 10 kilometer werk toe.  Hy moet sesuur ry om seweuur by die werk te wees en as daar 'n ongeluk is kom hy 'n uur laat by die werk aan. 
Die verkeer opsigself is 'n groot stresfaktor vir ons mense.  Soms ry ons vyfuur in die oggend iewers heen, dan is die snelweg al vol motors en dit gebeur twee keer per dag!  :icon_scratch: Rotteren pas uitstekend hier in. 

Om te weet is om te verstaan.

AB

PM klink my sy kantoor is nie by unisa se gebou nie maar op i ander plak die dat hy seg net 1 km van sy huis af.

in elk geval ek is bly ek het nie elke dag daai verkeer nie, dis die dat die mense so rotteresies oorlat hulle in die verkeer opgehou word en as hulle nie jaag nie kry hulle nie daai dag se werk in wat oor is van die dag nie.

PM

Dit  maak sin AB.  Ek is dankbaar vir hom, want die verkeer is erg.
My skoonseun ry 2 ure elke dag werk toe en twee ure terug.  Die werk wat hy in SA gekry het, het nie lank gehou nie,  toe kry hy ander werk en nou wil hulle nie die twee seuns weer ontwrig nie.  Jo se "gholf-akademie" is ook naby die huis.  Dit is 'n vreeslikheid en dan kan 'n mens verstaan hoekom sommige mense so "kwaad" deur die lewe gaan. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Rottemallemeule, Rotren...
Whatever, ek wil weer deel wees van daardie rat race.
Sit by die huis en wonder wat jy volgende kan lees, drink, doen, straat jy sal afloop?
Dis doelloos en ek wil nie doelloos deur die lewe gaan.  Dan kan ek netsowel sterf.
Ek wil my deel bydra tot die ekonomie, tot my eie onafhanklikheid van mens en staat. 
Ek wil besig wees om 'n verskil te maak.  En dit kan ek nie doen deur kraletjies in 'n draadjie te ryg, nog 'n serpie te brei, nog 'n boek te lees.
elle

Meraai vannie Baai

Ek  hou van rotrit  :notworthy: Angelica my hart gaan uit na jou liefste mater  :love7:

Ah Willa

Verlede week en selfs vandag het ek my skaduwee by my siel sien verby hardloop en so gehoop vir tyd om stil te staan ... dis 'n regte rotren!

Engeletjie - ons het nou 6 K9's - die nuuste een is 'n seuntjie en dogtertjie - so ons moet haar/hom seker twee keer tel - maar jy is altyd welkom om hier in te pop en te kom help maal aan die meuletjie.  Dit nou nie vir Rande nie - maar kan darem 'n koffie en beskuit aanbied :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Angelica

Hi Willa,
Dankie vir die uitnodiging. 

Verduidelik: 
6 K9's
maal aan die meuletjie.

Ek is nie so vlug van verstand dat ek altyd weet waarvan jy praat.
Onthou, ek het nie 'n motor, so as jy wil he ek moet kom help maal, moet ek taxi vat.
elle

Ah Willa

K9 is die afkorting vir hond :-)  Die polisie se K9-unit - die polisie se honde-eenheid
K9-kids - hondekinders :-)  ons het 6 hondekinders ... plus ons baby-sit honde van tyd tot tyd  :hello2:

maal die meuletjie - hier by ons huis is altyd aktiwiteite - dit bring nie noodwendig geld in nie ... maar jy is welkom om daarin te kom deel -
soos om na die honde of katte kinders te kyk ...
of brood bak
of handmaak goedjies

dis nooit doeloos of boring nie ...

maar ek onthou, jy is nie gemaklik met honne kindertjies nie - die dat ek noem hier is 6, sodat hulle jou nie omkant vang nie - maar hulle is baie lief en social
ek kan altyd taxi speel :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Ek wonder waar sal "skarrel" inpas.  'n Geskarrel na wind!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek sien 'n prentjie van 'malle geskarrel' as ons praat van rat race  :icon_biggrin:

PM

Ek sien 'n paar rotte voor 'n pampoen ingespan wat resies jaag.  Dit laat my aan Aspoestertjie dink.
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ai Petronella, jy het 'n verbeelding wat skrik vir niks!   :angel12:
Om te weet is om te verstaan.