Author Topic: op pad na nerens  (Read 2660 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
op pad na nerens
« on: May 20, 2011, 10:37:16 AM »
Ek onttrek my uit die gewoel
van verlate se metropool
waar tyd verbysnel teen slak-spoed
nou bevind ek my hier
kort duskant nerensfontein
in die kleurryke grou distrik van elders
iewers op die atlas van erens
bykans n hanetree van doer
waar amper en naby se paaie kruis
daar waar die magtige stof rivier
so byna byna vloei
waar verlore nooit gevind is nie
en ontvang het niks gekry
nou...

nou het ek verdwaal!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: op pad na nerens
« Reply #1 on: May 20, 2011, 10:43:04 AM »
Pragtig,  ek geniet hierdie een nog meer! 

waar tyd verbysnel teen slak-spoed   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: op pad na nerens
« Reply #2 on: May 20, 2011, 10:56:18 AM »
Mooi, jy het die plek dan gekry, daar waar alles loop soos jy dit wil verloop.

Ek het baie van die een gehou, dit vloei vir my lekker as ek dit lees, en ek kan amper nie wag om uittevind hoe om daar te kom nie.

 :angel12:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: op pad na nerens
« Reply #3 on: May 21, 2011, 06:02:38 AM »
Kry vir jou 'n GPS, Liewe Lewies. En kry daai plek.  :angel8:
elle

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: op pad na nerens
« Reply #4 on: May 24, 2011, 07:48:36 PM »
ek het sommer hier afgeklim op my forumtoer en
is oorhoeks verlore oor die manier waarop jy teenoorgesteldes saamgegooi het,
dit is 'n pragtige lekkerleesgedig

 :grommit:

adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: op pad na nerens
« Reply #5 on: May 25, 2011, 10:46:54 AM »
Ek stem,  ek geniet Louis se skryfwerk,  hy mag maar, want hy kan.
Om te weet is om te verstaan.