• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Welkom aan Joe (daai ou)

Started by Meraai vannie Baai, March 15, 2013, 06:39:11 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Hartlike welkom neefgoed. Mag jou unieke woorddisse ons almal meevoer. Was vir my 'n groot voorreg om jou nader te lok en aan te teken op PM se woorderf  :notworthy: :icon_salut:

PM

Baie welkom Joe.   :hello2:
Ek sleep my stoeltjie nader, kan nie wag vir jou bydraes nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Joe het 'n wonderlike sin vir humor mater, ek glo dat julle sy unieke skryfstyl gaan geniet.

werelde weg


PM

Joe is Joe Daai ou! 
Joe, jy sal moet kom vertel mater. 
Om te weet is om te verstaan.

AB

welkom Joe, jy is mos die lorrie ou?

sal graag van jou stories uit die lorrie en ondervindings wil lees hier.


Meraai vannie Baai

#6
Ynste daai ou Stoffel! Die ene wat kilo's vreet soos 'n regte padvraat  :icon_biggrin:

PM

... en skryf soos 'n woordfraat!   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Joe Daai Ou

Sjiiiieee, nou wat sal ek seg! Ek dink ek kan beginne met dankie dankie vir al die verwelkomingslyne deur algar! Mens ek is baie deurmekaar by die Forum, ek weet nie waar om eerste te lees nie, maar ek kom so stadigaan reg! Sien ekke nou iemand verneem wie ek is. Nou mater lak jou vertel. Ek is 'n gryskop trucker wat weet hoe om die pêrre in te span om die wiele te laat rol. Doen dit al vir baie jare en ek vreet die kilos op en af! Daar waar ek stilhou pluk ek die ou Laptoppie uit en los myse gedagtes by hom om later verder op voort te borduur! Dis maar wat ek doen en hoop om nog vir baie jare te doen! Lees maar lekker aan myse stories en verhale van wat alles al met my gebeur het! Ek moes eintlik een van 'n tweeling gewees het, want te veel goete gebeur met my vir een mens! Toemaar, ek vat dit soos 'n man, dié ek kan dit nog oorvertel! Hoop julle wat lees sal agterkom dat deur my geskrifte loop daar 'n draad waar elektrisieteit in is. Ek is nie 'unplugged' nie, o nee ek is ingeprop in die Ewige Kragbron van die lewe en dis Hy wie al die eer moet kry!
Groete en seënwense
Daai Ou, Ou Joe.
O Moedertaal,O Mooiste taal, jou lief ek bo alles!

AB

Moet seg ry kan Joe ry. ek het eenkeer saam met hom saam Petoorsdorp toe en terug gery. Dinsdag oggend 4 uur laai hy my hie rop met 'n merc met so iets soos 480 perde onder die kap en 26 rubbers om die 50 ton op die pad te hou. In elk gevalle behalwe noodgeval, ons ry. of liewer Joe ry en ek ry saam. Slaap op Winburg die Dinghaansaand, en in Petoorsdorp by jannie die Wroensdag aand ( daar waar Joe sy stuitjie uit lit geval het) en Donderdag skielik oproep gekry ons moet Delmas toe ook nog en weer terug Petroos se dorp toe. Donderdagnag slaap ons iewers langs die pad met baie slaggate en groet donker oggend Vrydag, vir Gawielientjie en haar man by hulle se dorp plek en vat die pad verder suid. Daai Vrydag se aand 11 uur stop ons weer hier op die plaas. Iewers op die internet is kiekies van daai rit, maar lyk my nie dis hier nie, sal dit hier ook plaas, maar wees gewaarsku dit is 'n lang storie soos vervolgverhaal.

Die eerste deel kan hier gesien word:

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2658.0


Meraai vannie Baai

Ek is bo in, tot halfpad toe besef ek dis stertkant ek moet onder begin lees en loer. Doet ek voort en kan kom getuig, dit was 'n woord- en oogfees. Dankbaar buig ek die knieg vir hierdie twee dierbare vrinne van ons  :notworthy: doet voort asb. Ek volg gewillig  :evil6:

Ah Willa

:wav:  WELCOME  :wav:
:wav:  WELCOME  :wav:
:wav:  WELCOME  :wav:
:wav:  WELCOME  :wav:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w